{"id":2092,"date":"2021-11-17T07:20:17","date_gmt":"2021-11-17T05:20:17","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2092"},"modified":"2021-11-17T07:20:17","modified_gmt":"2021-11-17T05:20:17","slug":"dagstuk-17-november-2021-verhale-oor-kersfees-2-3-skrifgedeelte-jesaja-91-6","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2092","title":{"rendered":"Dagstuk 17 November 2021 \u2013 Verhale oor Kersfees (2\/3) &#8211; Skrifgedeelte: Jesaja 9:1-6\u00a0\u00a0"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Jesaja 9:1-6\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v5<\/p>\n\n\n\n<p>Jesaja 9:5 \u2013 \u201cVir ons is \u0149 Seun gebore, aan ons is \u0149 Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Die verhaal van Kersfees loop soos \u0149 goue draad deur die Ou Testament wanneer God in Jesaja 9 die donkerte verdryf met die verskyning van \u0149 groot lig.&nbsp; Net soos in Genesis 3 is die Here besig om die mens op te soek.&nbsp; Die duisternis waarin die volk hulself bevind, was die gevolg van hulle ongehoorsaamheid.&nbsp; Hul verhouding met God het nie meer bestaan nie.&nbsp; Die feit dat hul nie meer \u0149 nasie was nie beskryf die verbrokkeling. Omstandighede waarin ek myself mag bevind veroorsaak dat ek voel dat ek n\u00earens behoort nie en dat niemand vir my omgee nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is nie sonder rede dat daar vir Christus met sy geboorte nie plek in die w\u00eareld was nie.&nbsp; Met Jesus se geboorte word die vervulling van die profesie in Jesaja 9 waar.&nbsp; Dit is oor die geboorte van hierdie Seun dat die engele in Lukas 2 in sangstem uitbreek om met soortgelyke woorde as in Jesaja 9 lof te betoon.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Die profeet Jesaja beskryf die sigbare tekens wat teenwoordig is. Daar is blydskap oor die groot oes wat gewag het en daar is ongekende vreugde oor die buit wat verdeel word.&nbsp; Hierdie beelde beskryf voorspoed en oorwinning en word dikwels gebruik wanneer God ingryp en sy liefde vir sy volk bevestig.&nbsp; Teenoor die verslae en gebroke harte waarmee ons in die duisternis voortploeter verlig God die swaar juk wat ek moet dra en breek Hy die stok waarmee ek geslaan word.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Daarby word die Here se heerskappy uitgebrei en bring Hy vir altyd vrede en voorspoed.&nbsp; Uit die nageslag van Dawid word die Messias gebore.&nbsp; Die Here die Almagtige se onverdeelde trou sorg dat daar \u0149 Verlosser kom.&nbsp; Die koms van hierdie Verlosser is reeds in Genesis 3 verkondig.&nbsp; Christus kom om te heers.&nbsp; Dit beteken dat die mag van die Satan volkome verbreek is.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie Seun word Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors genoem.&nbsp; Met elk van die Name word iets van die Verlosser se werk en karaktereienskappe beskryf. As Raadsman staan Christus gereed om die Plan van sy Vader uit te voer.&nbsp; Daar is niks buite God se beheer nie. Met sy verbondenheid aan sy Vader voer Christus God se besluite uit.&nbsp; Soos \u2018n vader sien Hy om na die belange van al God se kinders.&nbsp; As Vredevors herstel Hy die gebroke verhouding tussen God en ons.&nbsp; Daarom sing die engele met Jesus se geboorte \u2013 \u201cVrede op aarde!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Jesaja 11:1-10<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie dat U die duisternis om my verdryf sodat ek vry kan wees om in U lig te wandel. Dankie dat U my swaar juk verlig. Leer my om U elke dag te loof. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>Sel: 0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Jesaja 9:1-6\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v5 Jesaja 9:5 \u2013 \u201cVir ons is \u0149 Seun gebore, aan ons is \u0149 Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.\u201d Die verhaal van Kersfees loop soos \u0149 goue draad deur die Ou Testament wanneer God in Jesaja 9 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2092"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2092"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2092\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2093,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2092\/revisions\/2093"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2092"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2092"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2092"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}