{"id":2090,"date":"2021-11-15T13:07:28","date_gmt":"2021-11-15T11:07:28","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2090"},"modified":"2021-11-15T13:07:28","modified_gmt":"2021-11-15T11:07:28","slug":"dagstuk-15-november-2021-verhale-oor-kersfees-1-3-skrifgedeelte-gen-31-19","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2090","title":{"rendered":"Dagstuk 15 November 2021 \u2013   Verhale oor Kersfees (1\/3) &#8211; Skrifgedeelte: Gen 3:1-19\u00a0"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gen 3:1-19\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v9<\/p>\n\n\n\n<p>Gen 3:9 \u2013 \u201cMaar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: Waar is jy?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Die verhaal van Kersfees begin reeds in Genesis 3 met die slang wat listiger is as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is.&nbsp; Nogal in skrille kontras met die prentjie van Josef en Maria wat hul kindjie in doeke toedraai en in \u0149 krip neerl\u00ea waarvan ons in Lukas 2 lees en op elke Kersfeeskaartjie sien. Tog berei die vrae, twyfel, verraad, onmin, ongehoorsaamheid en teleurstelling die weg voor vir die heerlikste boodskap in die mensdom se ganse bestaan.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Die skeppingsverhaal in Genesis vertel van orde. Alles het grense.&nbsp; Daar is vastigheid. Daar heers harmonie. Daar bestaan absolute vrede en vreugde. God is in beheer totdat die slang op die voorgrond tree en alles versteur. Skielik is alles verlore. Die bestaande skeppingsorde wat God vasgestel het word verbreek.&nbsp; Die mens se kwesbaarheid en gevalle toestand laat hom kaal.&nbsp; Hy word van sy bestaan in die paradys gestroop. Hierdie ongehoorsaamheid laat die mens swaarkry.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan volg die verhaal van God wat die mens kom opsoek: \u201cWaar is jy?\u201d&nbsp; God doen dan &nbsp;die onverklaarbare. Hy soek die mens in liefde op. Hy kom nie met vernietigende verwyte nie, maar met soekende liefde. Met deernis roep Hy na die mens. God hou nooit op om sy kinders te soek nie.&nbsp; Deur al die eeue heen het Hy steeds na die mens geroep totdat Hy sy Seun na die aarde stuur om die ongehoorsaamheid met sy kruisdood weg te neem.<\/p>\n\n\n\n<p>So word Christus se geboorte die vervulling van die Here se belofte in Gen 3:15 dat Hy uit die nageslag van die vrou iemand sal stuur wat die slang se kop sal vermorsel. Teenoor die slang wat God se orde probeer vernietig lees ons in Luk 2:9 van \u0149 engel van die Here wat meteens tussen die skaapwagters kom staan en die boodskap van die geboorte van die Verlosser aankondig. Die engel bring \u0149 goeie tyding van groot blydskap!<\/p>\n\n\n\n<p>My omstandighede mag soms veroorsaak dat ek vandag vasgevang is deur gebeure wat my naak en weerloos laat.&nbsp; Die swaarkry van elke dag se bestaan en stryd om oorlewing vanwe\u00eb verskillende gebeure bring pyn en seerkry.&nbsp; Toe Adam en Eva geen hoop meer gehad het nie, hoor hulle God se stem: \u201cWaar is jy?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Met Christus se geboorte word God se liefde vir my beklemtoon.&nbsp; Dit is die grootste bewys van God se onbeskryflike genade.&nbsp; God verseker my dat ek nooit alleen is nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Lk 2:8-20<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie dat U my kom soek. Dankie dat U my teen die aanslae van die w\u00eareld bewaar.&nbsp; Dankie dat U my elke dag beskerm. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>Sel: 0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gen 3:1-19\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v9 Gen 3:9 \u2013 \u201cMaar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: Waar is jy?\u201d Die verhaal van Kersfees begin reeds in Genesis 3 met die slang wat listiger is as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is.&nbsp; Nogal in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2090"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2090"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2090\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2091,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2090\/revisions\/2091"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2090"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2090"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2090"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}