{"id":2088,"date":"2021-11-15T13:06:03","date_gmt":"2021-11-15T11:06:03","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2088"},"modified":"2021-11-15T13:06:03","modified_gmt":"2021-11-15T11:06:03","slug":"dagstuk-12-november-2021-met-watter-gesindheid-gee-jy-3-3-skriflesing-maleagi-36-12","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2088","title":{"rendered":"Dagstuk 12 November 2021 \u2013 Met watter gesindheid gee jy? (3\/3) – Skriflesing: Maleagi 3:6-12"},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Maleagi 3:6-12
Vers wat tref: 7. \u201cVan julle voorvaders se tyd af het julle van my voorskrifte afgewyk en nie daarvolgens geleef nie.
Bekeer julle tot My, dan sal Ek terugkom na julle toe, s\u00ea die Here die Almagtige.
Maar julle vra: \u201cWaarom moet ons ons bekeer?\u201d<\/p>\n\n\n\n
Maleagi 3 begin met die koms van die Verbondsengel, Jesus Christus wat kom om te suiwer en te regspraak te gee.
Die Here gee die wonderlike troos dat Hy altyd dieselfde is. Die Here het nie verander nie en dit is wat die volk van ondergang red. Hoe sou ons die Here kon vertrou en tot Hom bid indien ons nie kon reken op wie Hy is nie?<\/p>\n\n\n\n
Die Here hoef nie te verander nie, maar ons moet verander. Nie net verander soos ons wil nie, maar bekeer tot die Here.
Wat is ons reaksie op die oproep tot bekering? Vra ons nie te dikwels: \u201cWaarom moet ons bekeer?\u201d
Kom ons vra eerder opnuut vir die Here: Waar moet ek bekeer in my lewe?
Dit is dan ook hierdie vraag wat ons moet vra voor ons Sondag saam Nagmaal vier.<\/p>\n\n\n\n
Een van die plekke waar die Jode moes bekeer, is dat hul nie vir die Here hul tiendes gegee het nie en daarom was daar nie genoeg vir die Leviete om te eet nie. Een kommentaar beskryf dat hul die allerminste vir die Allerhoogste gee.<\/p>\n\n\n\n
Kom ons besef weer die prys wat vir ons redding betaal is. 1 Korinti\u00ebrs 6:19-20 \u201cOf besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Ons moenie selfsugtig vir ons self leef nie. Deur Christus se bloed is ons duurgekoop sodat ons vir die Here en vir ons naaste kan lewe.
Verheerlik die Here met jou liggaam en met alles wat jy besit.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
Here, lei om om te verander en myself te bekeer na U toe Here. Help my om te besef hoe duur is die prys wat vir my betaal is en dat ek nie aan myself behoort nie, maar dat die Heilige Gees in my woon. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
1 Korinti\u00ebrs 6:12-20.<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
0722729631
GK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Maleagi 3:6-12Vers wat tref: 7. \u201cVan julle voorvaders se tyd af het julle van my voorskrifte afgewyk en nie daarvolgens geleef nie.Bekeer julle tot My, dan sal Ek terugkom na julle toe, s\u00ea die Here die Almagtige.Maar julle vra: \u201cWaarom moet ons ons bekeer?\u201d Maleagi 3 begin met die koms van die Verbondsengel, Jesus […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2088"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2088"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2088\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2089,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2088\/revisions\/2089"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2088"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2088"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2088"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}