{"id":2066,"date":"2021-11-03T06:59:57","date_gmt":"2021-11-03T04:59:57","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2066"},"modified":"2021-11-03T06:59:57","modified_gmt":"2021-11-03T04:59:57","slug":"dagstuk-03-november-2021-gesprekke-met-god-2-3-skrifgedeelte-deut-341-12","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2066","title":{"rendered":"Dagstuk 03 November 2021 \u2013 Gesprekke met God (2\/3) &#8211; Skrifgedeelte: Deut 34:1-12\u00a0\u00a0"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Deut 34:1-12\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:\u00a0 v5<\/p>\n\n\n\n<p>Deut 34:5 \u2013 \u201cMoses, die dienaar van die Here, het daar in die land Moab gesterf soos die Here beveel het.\u201d<strong><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Die lewensverhaal van een van die volk Israel se grootste leiers eindig stil en eenkant. Moses was \u2018n held, volksman, leier, draer van God se wet en vriend van God. Hy beleef \u0149 besondere verhouding met die Here en ontvang die genade om al die magtige dade, al die groot dade wat vrees inboesem, voor die o\u00eb van die hele Israel te doen. Tog is hy is ook net \u0149 sondaar. Hy sterf alleen. Hy word deur God in \u0149 vlakte naby Moab begrawe.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie verloop is in skrille kontras met Eks 33:11,17&nbsp; waar hy beleef het dat die Here met hom soos \u0149 man met sy vriend praat en hom uitermate se\u00ebn en voorspoedig maak. Tydens sy laaste gesprek met die Here op die top van Pisgaberg gebeur daar twee dinge. God laat hom terugkyk op sy lewenspad en Hy laat Moses sy Plan sien.&nbsp; Hy herleef al die belewenisse saam met die volk waarin God telkens oorwinning en voorspoed geskenk het.&nbsp; Hy word aan sy eie ongehoorsaamheid herinner wanneer die Here hom meedeel dat hy nie na die land sal deurtrek nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons lees in Num 20:12 dat hy nie na God se opdrag geluister het toe die Here water uit \u0149 rots voorsien het en hy besluit het om op die klip te slaan in stede daarvan om met die rots te praat nie.&nbsp; Hiermee het hy God nie erken nie.&nbsp; Tog laat die Here hom nie aan sy eie lot oor nie. God voer sy beloftes getrou uit.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Na Moses se sterwe hou die Here se Plan nie op nie. Ons leer om in \u0149 lewende verhouding met die Here te lewe.&nbsp; God beskik oor alles en gebruik alles om Sy wil te laat geskied. God beveel Moses om vanaf die berg eers oos na wes en dan ook suid na noord te kyk. Vanaf die berg kry Moses die geleentheid om die grootheid van God se werke te beskou. Die beskrywing in die fynste detail beklemtoon dat God in beheer is.<\/p>\n\n\n\n<p>Die laaste wat oor Moses geskrywe staan is dat hy God persoonlik geken het.&nbsp; Hy was instrument in God se hand. Elke ontmoeting met die Here is \u0149 hoogtepunt van my persoonlike geloofsbelewenis.&nbsp; Christus maak dit moontlik dat ek elke dag met God in gesprek kan wees.&nbsp; Laat ons optrede daagliks al die groot werke van die Here verkondig.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Num 20:1-13<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie dat U my nooit alleen laat nie. Dankie dat Jesus Christus my ongehoorsaamheid wegneem. Gebruik my om U werke te verkondig. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>Sel: 0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Deut 34:1-12\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:\u00a0 v5 Deut 34:5 \u2013 \u201cMoses, die dienaar van die Here, het daar in die land Moab gesterf soos die Here beveel het.\u201d Die lewensverhaal van een van die volk Israel se grootste leiers eindig stil en eenkant. Moses was \u2018n held, volksman, leier, draer van God se wet en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2066"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2066"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2066\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2067,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2066\/revisions\/2067"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2066"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2066"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2066"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}