{"id":2064,"date":"2021-11-02T06:27:22","date_gmt":"2021-11-02T04:27:22","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2064"},"modified":"2021-11-02T06:27:22","modified_gmt":"2021-11-02T04:27:22","slug":"dagstuk-01-november-2021-gesprekke-met-god-1-3-skrifgedeelte-eks-337-23","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2064","title":{"rendered":"Dagstuk 01 November 2021 \u2013  Gesprekke met God  (1\/3) &#8211; Skrifgedeelte: Eks 33:7-23\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Eks 33:7-23\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v11<\/p>\n\n\n\n<p>Eks 33:11 \u2013 \u201cDie Here het direk met Moses gepraat soos \u0149 man met sy vriend.\u201d<strong><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Pas na die Israeliete se uittog uit Egipte verval die volk in sonde. Hulle vergeet gou van hul nuutgevonde vryheid en kort voor lank lei hul optrede daartoe dat die Here hulle wil verdelg. Moses gaan slaan \u0149 tent ver buite die kamp op waar hulle na die wil van die Here kan vra.&nbsp;&nbsp; Daar beleef hy dat die Here direk met hom praat soos \u0149 man met sy vriend.&nbsp; God betoon hiermee sy genade en liefde vir \u0149 volk wat moedswillig is.<\/p>\n\n\n\n<p>Tydens een van hierdie gesprekke wou die volk verder trek en het Moses vir die Here gevra om hom mee te deel wie die Here saam met hom sou stuur.&nbsp; Hy kan met vrymoedigheid tot God nader omdat die Here met hom soos \u0149 man met sy vriend praat.&nbsp; Op grond van hierdie openhartigheid skep hy moed en weet hy dat hy altyd op die Here kan vertrou. Die Here het hom op sy naam geken.&nbsp; Die Here was hom goedgesind.&nbsp;&nbsp; Hy kon die Here daaraan herinner dat hierdie nasie God se volk is.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Meermale het Moses sy nood voor God kom uitstort. Soms moes hy regsake behartig, ander kere advies gee oor gepaste optrede en dikwels moes hy pleit dat God die volk se ongehoorsaamheid sou oorsien. Hy het ook besef dat hy vanuit homself nie opgewasse hiervoor was nie.&nbsp; Hy vermeld ook sy persoonlike omstandighede en erken sy tekortkominge.<\/p>\n\n\n\n<p>Moses se besondere en eiesoortige verhouding met die Here laat hom by uitstek God se teenwoordigheid en nabyheid beleef.&nbsp; Sonder die Here wil hy niks aanpak nie.&nbsp; Hy prys die Here vir sy genade wanneer die volk Israel anders is al die volke op die aarde.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Deurdat Christus vir ons vrye toegang na sy Vader bewerk het, kan ons met vrymoedigheid met God in gesprek tree.&nbsp; Na elke gesprek met die Here word Moses deur die Heilige Gees gelei om die pad saam met die volk aan te durf.&nbsp; Hy word deur God verseker van veiligheid en sukses wanneer hy die versekering van die Here ontvang dat dit wat hy nou gevra het, die Here vir hom sal doen.&nbsp; Tog het hy nie \u0149 vrypas om te maak en doen soos hy wil nie.&nbsp; Die Here stel perke. Op sy versoek om die Here te sien word hy nie afgewys nie maar betoon God sy genade deur hom in \u0149 rotsskeur toe te maak.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Hoe meer ek met die Here in gesprek is, hoe meer sal ek sekerheid kry oor God se wil. God sal my nooit afwys nie maar my eerder deur sy Gees verwys om die regte pad te vind.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Lk 10:38-42<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie dat U met my praat soos \u0149 man met sy vriend. Dankie dat U my op my naam ken.&nbsp; Maak my gehoorsaam om U te volg.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>Sel: 0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Eks 33:7-23\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v11 Eks 33:11 \u2013 \u201cDie Here het direk met Moses gepraat soos \u0149 man met sy vriend.\u201d Pas na die Israeliete se uittog uit Egipte verval die volk in sonde. Hulle vergeet gou van hul nuutgevonde vryheid en kort voor lank lei hul optrede daartoe dat die Here hulle [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2064"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2064"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2064\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2065,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2064\/revisions\/2065"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2064"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2064"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2064"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}