{"id":2055,"date":"2021-10-29T09:28:54","date_gmt":"2021-10-29T07:28:54","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2055"},"modified":"2021-10-29T09:28:54","modified_gmt":"2021-10-29T07:28:54","slug":"dagstuk-29-oktober-2021-die-wyse-koning-3-skriflesing-1-konings-111-13","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2055","title":{"rendered":"Dagstuk 29 Oktober 2021 \u2013 Die wyse koning (3). – Skriflesing: 1 Konings 11:1-13"},"content":{"rendered":"
Skriflesing: 1 Konings 11:1-13
Vers wat tref: 9. \u201cDie toorn van die Here het teen Salomo ontvlam omdat hy nie meer die Here die God van Israel gedien het nie\u201d<\/p>\n\n\n\n
Salomo het rykdom en wysheid in oorvloed gehad. Hy het naby aan die Here geleef. God was soos \u0149 Vader vir hom. Maar nou lees ons hierdie hartseer woorde oor die koning aan wie die Here soveel genade gegee het: die vroue het sy hart verlei agter afgode aan sodat \u201csy hart nie meer
volkome met die Here was soos die hart van sy vader Dawid nie\u201d.<\/p>\n\n\n\n
Dwarsdeur die Bybel gee die Here hierdie eis: \u201cMy seun, gee my jou hart\u201d (Spr 23:26). Jou hart is die sentrum van jou lewe, jou hart is wat jy is.
Hoe is jou hartsingestelheid teenoor die Here? Dien jy die Here volkome met jou hele hart?<\/p>\n\n\n\n
Die Here het vir Salomo gewaarsku oor sy sonde. Hy het reeds \u0149 vorige keer aan hom verskyn. Hy het geweet en hy is gewaarsku. Die koningskap gaan van hom af weggeskeur word en aan iemand anders gegee word.<\/p>\n\n\n\n
Moenie dink ons is beter as Salomo nie. Sodra jou hart wegdraai van die Here is dit jou ondergang. Daarom is dit noodsaaklik dat die Heilige Gees daardie hart van klip verwyder en jou \u2018n hart van
vlees gee. Noodsaaklik dat ons elke dag sal bekeer.
Die Here eis dat jy Hom van harte sal dien, of soos Jesus die wet ook saamgevat het in die eis om
liefde vir God met jou hele hart.
\u2018n Mens kan nie twee here dien nie. Jy kan ook nie s\u00ea jy gaan net saam met ander wat nie die Here dien nie. Dien die Here met jou hele hart, dan doen jy waarvoor jy geroep en gemaak is.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
Here dankie dat U my hart lewend gemaak het. Lei my om U altyd van harte te dien. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
Esegi\u00ebl 36<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
0722729631
GK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: 1 Konings 11:1-13Vers wat tref: 9. \u201cDie toorn van die Here het teen Salomo ontvlam omdat hy nie meer die Here die God van Israel gedien het nie\u201d Salomo het rykdom en wysheid in oorvloed gehad. Hy het naby aan die Here geleef. God was soos \u0149 Vader vir hom. Maar nou lees ons […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2055"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2055"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2055\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2056,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2055\/revisions\/2056"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2055"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2055"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2055"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}