{"id":2042,"date":"2021-10-25T08:22:44","date_gmt":"2021-10-25T06:22:44","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2042"},"modified":"2021-10-25T08:22:44","modified_gmt":"2021-10-25T06:22:44","slug":"dagstuk-25-oktober-2021-die-wyse-koning-1-skriflesing-1-konings-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2042","title":{"rendered":"Dagstuk 25 Oktober 2021 \u2013 Die wyse koning (1). – Skriflesing: 1 Konings 3"},"content":{"rendered":"
Skriflesing: 1 Konings 3
Vers wat tref: 9. \u201cGee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal h\u00ea, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!\u201d<\/p>\n\n\n\n
Salomo word teen verwagting in as die opvolger van koning Dawid aangewys. Hy self is van die jongste van Dawid se seuns en besef dat hy wysheid kortkom om te kan regeer.
Salomo het sy liefde vir die Here getoon deur Gibeon toe te gaan en daar \u0149 1000 brandoffers vir die Here te bring. In \u0149 droom verskyn die Here aan Salomo en vra hom wat hy graag wil h\u00ea.
Wat wil jy die graagste van die Here h\u00ea? Wat sou jy van die Here vra?<\/p>\n\n\n\n
Salomo vra vir wysheid om regspraak te kan lewer oor die volk van die Here. Hy besef dit is die Here wat hom aangestel het oor hierdie groot volk om hulle te lei en te regeer. Die Here skenk vir hom hierdie wysheid, maar ook rykdom en \u0149 lang lewe.
Wat is wysheid? Wysheid is nie net om akademies slim te wees nie. Salomo self skryf in Spreuke 1:7 \u201cOntsag vir die Here is die begin van kennis; wysheid en vermaning- net sotte verag dit.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Ons het daarom wysheid nodig en in Christus is dit vir ons \u0149 heerlike werklikheid. Deur die Heilige Gees ontvang ons die wysheid om in die Here te kan glo.
Ons het ook vandag wysheid nodig om as profete, priesters en konings te heers!
Hoe gebruik ons die gawes wat die Here vir ons gegee het?
Waar die Here jou roep en gebruik, onthou as jy wysheid kortkom, kan jy altyd daarvoor bid (Jakobus 1:5).
Leef vandag die wysheid dat die wat die Wysheid van God het, naamlik Jesus Christus, het die ewige lewe!<\/p>\n\n\n\n
Gebed
Ons Vader wat in die hemel is, ons wil sing van U goedheid, U liefde, U almag en U genade. Skenk ons die wysheid om te kan onderskei wat U wil is vir ons elke dag. Laat U Gees ons daartoe rig en lei, tot eer en verheerliking van U Heilige Naam. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
1 Korinthi\u00ebrs 2.<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
0722729631
GK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: 1 Konings 3Vers wat tref: 9. \u201cGee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal h\u00ea, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!\u201d Salomo word teen verwagting in as die opvolger van koning Dawid aangewys. Hy self is van die jongste […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2042"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2042"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2042\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2043,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2042\/revisions\/2043"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2042"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2042"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2042"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}