{"id":2027,"date":"2021-10-15T06:27:33","date_gmt":"2021-10-15T04:27:33","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2027"},"modified":"2021-10-15T06:27:33","modified_gmt":"2021-10-15T04:27:33","slug":"dagstuk-15-oktober-2021-n-man-na-god-se-hart-3-6-skrifgedeelte-1-sam-186-16-en-ps-591-8-en-1718","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2027","title":{"rendered":"Dagstuk 15 Oktober 2021 \u2013  \u0149 Man na God se hart&#8230;..  (3\/6) &#8211; Skrifgedeelte: 1 Sam 18:6-16\u00a0 en Ps 59:1-8 en 17,18\u00a0\u00a0"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: 1 Sam 18:6-16\u00a0 en Ps 59:1-8 en 17,18\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p>Teks wat tref: 1 Sam 18:14<\/p>\n\n\n\n<p>1 Sam 18: 14 \u2013 \u201c&#8230;&#8230;&#8230;en in alles sukses behaal omdat die Here by hom was&#8230;&#8230;&#8230;.\u201d<strong><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Nadat Dawid vir Goliat verslaan het word hy deur Saul as hoof van \u0149 le\u00ebrafdeling aangestel. Hy verwerf roem en word feitlik na elke veldslag deur die vroue ingewag wat al dansende sy oorwinnings vier.&nbsp; Hierdie gebeure veroorsaak dat Saul hom wantrou en jaloers raak.&nbsp; Saul wend verskeie pogings aan om Dawid dood te maak.&nbsp; In Psalm 59 beskryf Dawid die intensiteit van Saul se venynige aanvalle.&nbsp; Hy word voorgel\u00ea deur geweldenaars en word deur aanvallers bestorm. Die beeld van die honde wat grom en die skuim wat om hulle bekke staan, laat hom in vrees lewe.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Meer as een maal het hy weggekoes toe die waansinnige Saul hom met \u0149 spies wou doodmaak. Ons moet ook spreekwoordelik amper elke dag koes wanneer die lewe spiese na ons werp. Hierdie spiese kan letterlike aanvalle wees en ook die pogings van mense wat my verdag maak en my beskinder en in \u0149 slegte lig wil stel.&nbsp; Emosies wat hoog loop en opgehoopte spanning wat deur Covid 19 veroorsaak is, steek soos \u0149 skerp dolk in my sy.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Terwyl Dawid alle rede en mag&nbsp; gehad het om teen Saul op te staan en hom te wreek vir sy jaloerse optrede en aanvalle behou hy kalmte van gees.&nbsp; Saul was steeds die Here se gesalfde koning en Dawid durf dit nie waag om teen hom in opstand te kom nie.&nbsp; Wanneer ek verontreg word, is dit my eerste reaksie om wraak te neem.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dawid bly kalm en behaal die oorwinning omdat die Here by hom was.&nbsp; Dit bring mee dat die volk baie lief was vir hom terwyl Saul vir hom bang was en hom gehaat het.&nbsp; Dawid was so suksesvol dat hy as aanvoerder in die oorlog vir die volk opgetree het.&nbsp; Net so behendig soos Dawid met die swaard was, neem hy in Psalm 59 die pen op en skryf \u0149 gedig na aanleiding van die gebeure.&nbsp; In die laaste verse van die Psalm jubel hy oor die Here se trou en eindig hy met die uitroep dat God vir hom \u0149 veilige vesting is.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Jy mag soms verontreg voel deur gebeure rondom jou. Die eise van elke dag&nbsp; voel soos&nbsp; \u0149&nbsp; grommende hond wat jou lewensbestaan kan verwoes.&nbsp; Dan is dit juis die geleentheid om God raak te sien en te weet dat ons in Christus die sukses sal behaal omdat die Here by my is.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Lk 6:29-29<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here bewaar my van die aanslae van die satan en die w\u00eareld wat grom en my wil verslind. Dankie dat U vir my \u0149 veilige vesting is. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>Sel: 0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: 1 Sam 18:6-16\u00a0 en Ps 59:1-8 en 17,18\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: 1 Sam 18:14 1 Sam 18: 14 \u2013 \u201c&#8230;&#8230;&#8230;en in alles sukses behaal omdat die Here by hom was&#8230;&#8230;&#8230;.\u201d Nadat Dawid vir Goliat verslaan het word hy deur Saul as hoof van \u0149 le\u00ebrafdeling aangestel. Hy verwerf roem en word feitlik na elke [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2027"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2027"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2027\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2028,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2027\/revisions\/2028"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2027"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2027"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2027"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}