{"id":2010,"date":"2021-10-08T09:33:57","date_gmt":"2021-10-08T07:33:57","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2010"},"modified":"2021-10-08T09:33:57","modified_gmt":"2021-10-08T07:33:57","slug":"dagstuk-8-oktober-2021-die-sewe-seenbedes-in-openbaring-67-geseend-is-elkeen-wat-die-profesie-gehoorsaam-en-hulle-klere-was-skriflesing-openbaring-226-21","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2010","title":{"rendered":"Dagstuk 8 Oktober 2021 \u2013 Die sewe se\u00ebnbedes in Openbaring (6&7). Gese\u00ebnd is elkeen wat die profesie gehoorsaam en hulle klere was! – Skriflesing: Openbaring 22:6-21."},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Openbaring 22:6-21.
Vers wat tref: 7 & 14
7Jesus s\u00ea toe: \u201cKyk, Ek kom gou! Gese\u00ebnd is elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boek ter harte neem.\u201d
14\u201cGese\u00ebnd is di\u00e9 wat hulle klere was, sodat hulle reg kan h\u00ea op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.<\/p>\n\n\n\n
Die laaste twee se\u00ebnbedes kry ons in die heel laaste hoofstuk van Openbaring. Telkemale word die herinnering gegee dat Jesus Christus gou kom!
Wat moet ons as gelowiges se reaksie hierop wees? Moet ons soos van die mense in Tessalonika nou net agteroor sit en die tyd verby wens? Nee, ons moet nou juis te meer vashou aan die woord van die Here. Net soos die eerste se\u00ebnbede moet ons die woord van Here, hoor, bewaar en dit uitleef!
Christus het in Markus 13:7 aan sy dissipels genoem dat oorlo\u00eb en gerigte van oorlo\u00eb nie hulle moet verskrik nie.
Laat ons daarom met volhardende oorgawe hierdie profesie van Christus se koms onthou, gehoorsaam en uitleef. Christus se koms is vir ons \u0149 werklikheid en \u0149 troos groter as enige omstandighede om ons.
Die laaste se\u00ebngebed sluit aan by Openbaring 7:14. Hier is wys dit weer baie mooi uit dat ons net deur die bloed van die Lam skoongewas word en as gelowiges die verlossing deur die Heilige Gees aangryp.
Slegs deur die kruisdood en opstanding van die Lam kry ons nou die reg (volmag) binne te kan gaan en van die boom van die lewe eet. Met ander woorde, God gee ons die reg om die ewige lewe te ontvang. Die dwaalleraars, die bedrie\u00ebrs, onsedelikes, moordenaars, afgodsdienaars, leuenaars moet buite staan en het nie die reg ontvang om in te gaan nie.<\/p>\n\n\n\n
Hou aan om uit te roep: Kom Here Jesus, kom gou!<\/p>\n\n\n\n
Gebed
Ons hemelse Vader! Dankie dat ons waarlik gese\u00ebnd is deur deel te h\u00ea aan die verlossing van Jesus Christus. Lei en bewaar ons asseblief deur U Heilige Gees sodat ons gereed kan wees vir die koms van Jesus Christus.
Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
2 Petrus 3<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
0722729631
GK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Openbaring 22:6-21.Vers wat tref: 7 & 147Jesus s\u00ea toe: \u201cKyk, Ek kom gou! Gese\u00ebnd is elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boek ter harte neem.\u201d14\u201cGese\u00ebnd is di\u00e9 wat hulle klere was, sodat hulle reg kan h\u00ea op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan. Die laaste […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2010"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2010"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2010\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2011,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2010\/revisions\/2011"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2010"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2010"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2010"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}