{"id":1967,"date":"2021-10-01T08:57:49","date_gmt":"2021-10-01T06:57:49","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1967"},"modified":"2021-10-01T08:57:49","modified_gmt":"2021-10-01T06:57:49","slug":"dagstuk-1-oktober-2021-die-sewe-seenbedes-in-openbaring-3-geseend-is-die-wat-wakker-bly-skriflesing-openbaring-16","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1967","title":{"rendered":"Dagstuk 1 Oktober 2021 \u2013 Die sewe se\u00ebnbedes in Openbaring (3). Gese\u00ebnd is die wat wakker bly! – Skriflesing: Openbaring 16."},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Openbaring 16.
Vers wat tref: 15. \u201cKyk, Ek kom onverwags soos ‘n dief. Gese\u00ebnd is die een wat wakker bly en sy klere reghou, sodat hy nie kaal hoef te loop en die mense sy skande sien nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n
In Openbaring 16 kry ons die beeld van die sewe bakke, wat gevul is met die toorn van God, oor die aarde uitgegooi word. Hierdie oordele het baie ooreenkomste met die 10 plae van Egipte. Die 6de bak wat uitgegooi word klink op sigself nie soos \u0149 oordeel nie, maar kry alles reg vir die finale oordeel van die Here oor die goddelose en die bose. Al lyk dit of die w\u00eareld beplan en die oorhand kry, is als nog steeds besig om te verloop soos wat die Here bepaal.
Toe die 6de engel sy bak uitgooi, is \u0149 pad gereedgemaak sodat die konings van die aarde saam kan kom. Hulle word saamgebring deur die demoniese geeste wat vanaf die bek van die dier, draak en vals profeet soos paddas uitgaan. Hulle bring die konings saam vir die veldslag van Armageddon- die simboliese plek waar die bose magte verslaan word.
Dan volg die \u201ctussenwerpsel\u201d: Gese\u00ebnd is die een wat wakker bly en sy klere gereedhou.
As gelowiges moet ons wakker loop tussen die strome en stemme van die bose w\u00eareld. Daar is nie nou tyd vir terug sit nie maar \u0149 oproep tot paraatheid. Christus self herinner ons in Matteus 24:43 dat ons moet waghou omdat die tyd enige oomblik kan aanbreek.
Hierdie beeld sluit dan aan met die beeld van \u0149 soldaat wat sy toerusting langs hom plaas as hy gaan slaap. Wanneer die vyand kom, is hy gereed om op te spring en die regte toerusting aan te trek.<\/p>\n\n\n\n
Verwag ons nog aktief die koms van Christus?
Bly geestelik wakker en wees gereed vir die koms van Christus!<\/p>\n\n\n\n
Gebed
Here ons hemelse Vader! Help ons om geestelik gereed en wakker te wees vir die koms van Jesus Christus.
Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
1 Tess 5:2-4 en 2 Petrus 3:10<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
0722729631
GK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Openbaring 16.Vers wat tref: 15. \u201cKyk, Ek kom onverwags soos ‘n dief. Gese\u00ebnd is die een wat wakker bly en sy klere reghou, sodat hy nie kaal hoef te loop en die mense sy skande sien nie.\u201d In Openbaring 16 kry ons die beeld van die sewe bakke, wat gevul is met die toorn […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1967"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1967"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1967\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1968,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1967\/revisions\/1968"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1967"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1967"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1967"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}