{"id":1965,"date":"2021-09-29T08:49:43","date_gmt":"2021-09-29T06:49:43","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1965"},"modified":"2021-09-29T08:49:43","modified_gmt":"2021-09-29T06:49:43","slug":"dagstuk-29-september-2021-die-sewe-seenbedes-in-openbaring-2-geseend-is-die-wat-in-die-here-sterwe-skriflesing-openbaring-146-20","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1965","title":{"rendered":"Dagstuk 29 September 2021 \u2013 Die sewe se\u00ebnbedes in Openbaring (2). Gese\u00ebnd is die wat in die Here sterwe! – Skriflesing: Openbaring 14:6-20."},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Openbaring 14:6-20.
Vers wat tref: 13. Toe het ek ‘n stem uit die hemel hoor s\u00ea: \u201cSkryf op! Gese\u00ebnd is di\u00e9 wat van nou af in die Here sterwe.\u201d
\u201cJa,\u201d s\u00ea die Gees, \u201chulle sal rus van hulle arbeid, want alles wat hulle gedoen het, volg hulle.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Die volgende se\u00ebnbede kry ons eers heelwat later in Openbaring. Dit volg op die oordeeluitsprake wat met Babilon en die aanbidders van die dier sal gebeur. Oordeelstyd is oestyd soos wat dit met die twee beelde van die graan- en druiwe-oes uitgebeeld word.
Gelowiges hoef nie die oordeel van God te vrees nie. Nie oor ons eie optrede of omdat ons beter as ander is nie, maar omdat ons losgekoop is as eerstelinge vir God en vir die Lam (Openb. 14:4).
Die gelowiges wat tans moeilike omstandighede en vervolging beleef word bemoedig om te volhard in die geloof, al kos dit ook hulle lewe!
Wie is die gelowiges? Hulle wat in volharding die gebooie van God nakom en in Jesus bly glo. Die klem val hier op die volharding. Volharding is om \u0149 volle geloofsafwagting te h\u00ea op God terwyl ons teenstand bied teen die Bose en sonde.<\/p>\n\n\n\n
Dan kom die se\u00ebnbede vir die wat in die Here sterwe- die martelare wat hul dissipelskap enduit uitgeleef het- tot die dood toe.
Om in die Here te sterwe dui daarop dat ons saam met Jesus Christus aan die kruis gesterf het. Dit dui ook daarop dat jy enduit in die geloof getrou gebly het in Jesus Christus.
Waarlik is elkeen gese\u00ebnd wat in Jesus Christus sterf.
Die Gees bevestig hierdie se\u00ebning en herinner dat die martelare sal rus van hulle geswoeg (arbeid) terwyl die ongelowige geen rus gaan h\u00ea nie (14:11). Al hulle volharding volg hulle want vir God is alles sigbaar- God weet wat elke gelowige ter wille van Hom gedoen het.<\/p>\n\n\n\n
Elkeen van ons word vanoggend weer opgeroep om te volhard in die geloof- mag ons nie terugdeins om selfs martelare vir Christus te wees nie.
Mag ons weer besef die groot se\u00ebning wat ons het, dat ons in Christus kan sterwe!<\/p>\n\n\n\n
Gebed
Here ons Vader. Gee ons die geloof om te kan volhard in tye van vervolging. Dankie dat U vir ons die ewige rus gee in Jesus Christus. Versterk ons deur U Gees en lei ons om die evangelie getrou uit te leef!
Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
Romeine 6:1-11.<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
0722729631
GK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Openbaring 14:6-20.Vers wat tref: 13. Toe het ek ‘n stem uit die hemel hoor s\u00ea: \u201cSkryf op! Gese\u00ebnd is di\u00e9 wat van nou af in die Here sterwe.\u201d\u201cJa,\u201d s\u00ea die Gees, \u201chulle sal rus van hulle arbeid, want alles wat hulle gedoen het, volg hulle.\u201d Die volgende se\u00ebnbede kry ons eers heelwat later in […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1965"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1965"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1965\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1966,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1965\/revisions\/1966"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1965"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1965"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1965"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}