{"id":1963,"date":"2021-09-27T09:25:52","date_gmt":"2021-09-27T07:25:52","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1963"},"modified":"2021-09-27T09:25:52","modified_gmt":"2021-09-27T07:25:52","slug":"dagstuk-27-september-2021-die-sewe-seenbedes-in-openbaring-1-skriflesing-openbaring-11-8","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1963","title":{"rendered":"Dagstuk 27 September 2021 \u2013 Die sewe se\u00ebnbedes in Openbaring (1). – Skriflesing: Openbaring 1:1-8."},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Openbaring 1:1-8.
Vers wat tref: 3. Gese\u00ebnd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.<\/p>\n\n\n\n
Hierdie week kyk ons na die eerste drie se\u00ebnbedes of saligsprekinge in die boek Openbaring. Dit is nie toeval dat Openbaring sewe se\u00ebnbedes bevat nie. Ons kry onder ander die sewe gemeentes, Geeste, se\u00ebls, trompette, bakke, horings ens.
Ons sien die getal sewe speel \u0149 belangrike rol om volledigheid en perfektheid aan te dui. (Die getal sewe kom moontlik vanaf 3 en 4 wat saamgevoeg word. 3 dui op God drie enig en 4 na die skepping of vier windrigtings wat saam 7 maak).<\/p>\n\n\n\n
Die eerste se\u00ebnbede kry ons in Openbaring 1:3. In die proloog word vir ons aangedui dat dit wat volg \u0149 openbaring is van Jesus Christus sodat die diensknegte(gelowiges) sal weet wat binnekort moet gebeur. Hierdie openbaring is aan Johannes gegee deur \u0149 engel wat gestuur is. Interessant verwys Johannes ook na homself as \u0149 slaaf van Jesus. Johannes getuig van die woord van God (die uitdrukking woord van God kom ook net 7 keer voor in Openbaring) soos dit aan hom bekendgemaak is.
Gese\u00ebnd is die wat die profesie lees, hoor en leef- want die einde is naby.
In die eersteplek verwys die se\u00ebnbede na die persoon wat hierdie boek voorlees sodat ander dit kan hoor. In die vroe\u00ebr kerk kon nie almal lees nie en is daar met die samekomste van gelowiges voorlesings gedoen, net soos wat dit die gebruik in die sinagoges was.
Elkeen wat hierdie profesie hoor is ook gese\u00ebnd. Meer nog, die woord van God moet ons nie net hoor nie, ons moet daaraan vashou, ons moet dit uitleef.
Dringend word ons opgeroep deur die se\u00ebnbede om te luister en te doen. Die klem val hier oor die gehoorsaamheid en nakom van God se opdragte.
Ons moet dit indringend uitleef van die eindtyd is naby. Die nabyheid van Christus se wederkoms roep ons op om met verantwoordelikheid voor die aangesig van God te leef. Die klem val nie net op die finale oordeel nie, maar ook hoe ons nou leef as dienaars van Jesus Christus.<\/p>\n\n\n\n
Gese\u00ebnd is jy as jy die woord van God lees, hoor, daaraan vashou en doen!<\/p>\n\n\n\n
Gebed
Dankie Here dat ons U kan ken deur U woord. Dankie dat ons die getuienis ontvang het van Jesus Christus se verlossing en oorwinning. Lei ons om U woord te verstaan en dit uit te leef deur die krag van U Heilige Gees.
Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
Lukas 11:27-28.<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
0722729631
GK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Openbaring 1:1-8.Vers wat tref: 3. Gese\u00ebnd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby. Hierdie week kyk ons na die eerste drie se\u00ebnbedes of saligsprekinge in die boek Openbaring. Dit is nie […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1963"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1963"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1963\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1964,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1963\/revisions\/1964"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1963"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1963"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1963"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}