{"id":1940,"date":"2021-09-22T07:03:46","date_gmt":"2021-09-22T05:03:46","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1940"},"modified":"2021-09-22T07:03:46","modified_gmt":"2021-09-22T05:03:46","slug":"dagstuk-08-september-2021-hulp-van-vreemde-plekke-2-skrifgedeelte-jos-21-24","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1940","title":{"rendered":"Dagstuk 08 September 2021 \u2013  Hulp van vreemde plekke (2) -Skrifgedeelte: Jos 2:1-24"},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Jos 2:1-24 Teks wat tref: v11<\/p>\n\n\n\n
Jos 2:11 \u2013 \u201c\u2026\u2026.want julle God, die Here, is God, bo in die hemel en onder op die aarde .\u201d<\/p>\n\n\n\n
Josua stuur twee verkenners om die Beloofde land wat God aan hulle na die uittog uit Egipte geskenk het, te gaan besigtig. Die koning van Jerigo het hiervan te hore gekom en hy beveel Ragab om hulle uit te lewer.  As verspieders het hulle \u0149 gewisse dood in die o\u00eb gestaar.  Indien hulle sou sterf sou die verslag oor die land en die mense ook nie by Josua uitkom nie.

Om hulle te red bewerk God hulp vanaf \u0149 vreemde plek. Die twee verkenners se spioenasie werksaamhede laat hul by die huis van \u0149 prostituut met die naam Ragab uitkom.  Haar optrede laat ons opnuut besef dat niks aan toeval oorgelaat word nie, maar dat God altyd sy Plan sal deurvoer.

Dit klink vreemd dat God \u0149 prostituut gebruik om die twee verspieders weg te steek. Hulle is nog meer verbaas en verdwaas toe Ragab kort voordat hulle aan die slaap raak, bevestiging bring dat die Here die land vir hulle sal gee.  Boonop hoor hulle ook dat die inwoners skrikbevange vir hulle is.  Almal bewe van vrees vir hulle.  Niemand het enige moed teen hulle nie.

Ragab se belydenis in vers 11 dat hulle God, die Here, God is bo in die hemele en onder die aarde, lei daartoe dat hulle \u0149 eed voor die Here afl\u00ea om haar en haar familie te beskerm wanneer die land binnegeval word.  Die prostituut Ragab se hart word deur God verander. God gebruik haar in sy koninkryk om sy beloftes uit te voer.  Later word Jesus Christus uit haar nageslag gebore.

Dit is geen toeval dat die verkenners in die vreemde land, onder vreemde omstandighede en aan huis van \u0149 vreemde vrou, bevestiging ontvang dat die volk die land in besit moet neem nie.  Niks kan die werk van God se hande keer nie. Daar is vandag talle verhale waar God hulp van vreemde plekke stuur. Alles is aan God ondergeskik en Hy gebruik sy Almag in enige situasie om sy Plan uit voer. \u0149 Prostituut wat huisvesting verleen en belydenis doen.  \u0149 Werksgeleentheid vanuit \u0149 onbekende oord. \u0149 Kospakkie wat deur \u0149 weldoener in die oprit gelaat word.  \u0149 Anonieme skenking vir \u2018n student om te studeer.

Met Jesus Christus se kruisdood en opstanding verseker God my dat daar vir my redding is.

Dors vir meer:
Jos 6:22-27 en Mt 1:1-6<\/p>\n\n\n\n
Gebed
Here, dankie dat U my elke dag veilig bewaar. Maak my diensbaar in U koninkryk.  Amen

Petrus van Blerk
Sel: 0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Jos 2:1-24 Teks wat tref: v11 Jos 2:11 \u2013 \u201c\u2026\u2026.want julle God, die Here, is God, bo in die hemel en onder op die aarde .\u201d Josua stuur twee verkenners om die Beloofde land wat God aan hulle na die uittog uit Egipte geskenk het, te gaan besigtig. Die koning van Jerigo het hiervan […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1940"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1940"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1940\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1941,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1940\/revisions\/1941"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1940"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1940"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1940"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}