{"id":1851,"date":"2021-08-16T08:44:41","date_gmt":"2021-08-16T06:44:41","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1851"},"modified":"2021-08-16T08:44:41","modified_gmt":"2021-08-16T06:44:41","slug":"dagstuk-16-augustus-2021-rut-en-naomi-maak-n-plan-skrifgedeelte-rut-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1851","title":{"rendered":"Dagstuk 16 Augustus 2021 \u2013 Rut en Naomi maak \u0149 plan. – Skrifgedeelte: Rut 3"},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Rut 3.
Vers wat tref, Rut 3:9. \u201cWie is jy?\u201d vra hy. Sy antwoord: \u201cEk is Rut, u slavin. Gooi die soom van u kleed oor u slavin, want u is die losser.\u201d 2020 Vertaling.<\/p>\n\n\n\n
Rut en Naomi vind hulle nogsteeds in \u0149 moeilike situasie. Rut kon vir hul sorg deur die are op die lande van Boas op te tel, maar nou is hul aan die einde van die graanoes. Wat moet hul volgende doen? Hulle moet die lossingwet (Lev. 25) en huwelikswet (Deut. 25) aan die gang sit waar die naaste vermo\u00ebnde man die grond moet uitkoop en die weduwee as vrou neem.
Naomi maak \u0149 plan dat Rut vir Boas nader en vir hom vra om die lossingsreg uit te oefen. Noami volg nie die pad om na die oudstes in die stad te gaan en daar vir Boas en die ander familie te roep nie. Rut gaan kruip in die aand by Boas se voete in. Toe Boas vra wie is by sy voete, stel Rut as\u2019t ware haar huwelikversoek- Gooi die soom van u kleed oor u slavin, want u is die losser.
Rut en Naomi volg nie die gewonde pad nie, maar tog is dit nie \u0149 slinkse plan nie. Dit is \u0149 geleentheid om eers met Boas te praat voordat daar met die oudstes van die stad gepraat word.<\/p>\n\n\n\n
Wat leer hierdie gedeelte vir ons vandag? Ons moet beplan en optree. Ons beplanning en oplossings moet ons soek binne die raamwerk van God se voorskrifte en Hom ken in alles wat ons doen (Spreuke 3:6).
Verder moet ons onder \u201csoom van die kleed\u201d van die Here leef. (Ander vertalings \u201cskuilend onder sy vleuels\u201d ). Slegs deur die genadige beskikking van die Here het ons deur Jesus Christus \u0149 ereplek in die koninkryk van God. Die Here wys nie die weg wat Hom om genade smeek nie.
Stel jou self hierdie week weer opnuut bereidwillig in die diens van die Here!<\/p>\n\n\n\n
Gebed.
Here my God! U is die groot en ontsagwekkende God. Dankie dat U die soom van U kleed oor my gegooi het, U genade aan my bewys deur Jesus Christus. Mag ek bereidwillig in U diens staan!
Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
Levitikus 25<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
0722729631
GK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Rut 3.Vers wat tref, Rut 3:9. \u201cWie is jy?\u201d vra hy. Sy antwoord: \u201cEk is Rut, u slavin. Gooi die soom van u kleed oor u slavin, want u is die losser.\u201d 2020 Vertaling. Rut en Naomi vind hulle nogsteeds in \u0149 moeilike situasie. Rut kon vir hul sorg deur die are op die […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1851"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1851"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1851\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1852,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1851\/revisions\/1852"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1851"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1851"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1851"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}