{"id":1849,"date":"2021-08-13T11:20:22","date_gmt":"2021-08-13T09:20:22","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1849"},"modified":"2021-08-13T11:20:22","modified_gmt":"2021-08-13T09:20:22","slug":"dagstuk-13-augustus-2021-die-here-voorsien-deur-ander-skrifgedeelte-rut-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1849","title":{"rendered":"Dagstuk 13 Augustus 2021 \u2013 Die Here voorsien deur ander. – Skrifgedeelte: Rut 2."},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Rut 2.
Vers wat tref, Rut 2:12: \u201cMag die Here jou beloon vir wat jy gedoen het. Mag jy ‘n welverdiende beloning ontvang van die Here die God van Israel onder wie se vleuels jy kom skuil het.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Rut en Naomi vind hulle in \u0149 moeilike situasie. Hulle het teruggekeer na Bethlehem maar hoe gaan hulle nou versorg word? Duidelik sien ons Rut is nie iemand wat by die huis sit en leef asof die w\u00eareld haar iets skuld nie. Sy staan op en gaan uit na die lande om are op te tel (Soos wat die Here die volk beveel het in Deut. 24:19 om die armes toe te laat om are op te tel). Sy werk sonder ophou, sonder om op die kant te staan en net te kla oor haar situasie.
Boas daag op en sien haar dadelik raak en ontferm hom oor haar. So gebruik die Here vir Boas om Sy ontferming en versorging te wys. In Hoofstuk 1 het ons gesien hoe Rut die Here as God aangeneem het en heeltemal inskakel by die volk van God (geloofsgemeenskap). Rut het onder vleuels van die Here, die God van Israel kom skuil.<\/p>\n\n\n\n
God gebruik mense om Sy se\u00ebninge en versorging aan ander te bewys. Die Here se planne is vervleg met ons optrede. Hy werk in en deur mense se handelinge. Daarom moet ons nie die se\u00ebninge wat die HEre aan ons gee om aan ander te gee van iemand af weghou nie. Doen goed aan ander wanneer ons die geleentheid het om goed te doen.
En wanneer ons self in \u0149 soortgelyke situasie as Rut beland, werk en bid. Vra vir die Here se hulp, skakel ten volle in by die gemeente van die Here waar ons mekaar bystaan en versorg.
Moenie net agteroor sit nie, maar bring ook jou kant soos die Here ons die krag en vermo\u00ebns gee om te doen.
Bid en werk vandag, want die Here is saam met ons elke dag.<\/p>\n\n\n\n
Gebed.
Ons hemelse Vader, baie dankie vir U versorging elke dag. Dankie vir U genade en vrede wat ons in oorvloed beleef deur U Seun Jesus Christus. Help my om ook vandag tot U eer en tot se\u00ebninge van ander te werk vandag.
Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
Galasi\u00ebrs 6:1-10<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
0722729631
GK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Rut 2.Vers wat tref, Rut 2:12: \u201cMag die Here jou beloon vir wat jy gedoen het. Mag jy ‘n welverdiende beloning ontvang van die Here die God van Israel onder wie se vleuels jy kom skuil het.\u201d Rut en Naomi vind hulle in \u0149 moeilike situasie. Hulle het teruggekeer na Bethlehem maar hoe gaan […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1849"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1849"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1849\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1850,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1849\/revisions\/1850"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1849"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1849"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1849"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}