{"id":1842,"date":"2021-08-11T06:44:10","date_gmt":"2021-08-11T04:44:10","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1842"},"modified":"2021-08-11T06:44:10","modified_gmt":"2021-08-11T04:44:10","slug":"dagstuk-9-augustus-2021-n-eed-tot-die-dood-toe-skrifgedeelte-rut-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1842","title":{"rendered":"Dagstuk 9 Augustus 2021 – \u0149 Eed tot die dood toe. – Skrifgedeelte: Rut 1."},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Rut 1.
Vers wat tref, Rut 16-17: \u201cMaar Rut het geantwoord: \u201cMoet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God; waar u sterf, sal ek sterf en daar sal ek begrawe word. Ek l\u00ea ‘n eed af voor die Here: net die dood sal ons skei.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Naomi keer terug na Bethlehem na die dood van haar man en twee seuns. Aanvanklik neem sy haar twee skoondogters Rut en Orpa saam met haar totdat sy besluit dit is beter vir hulle om terug te keer na hul geboortehuise. Orpa draai terug maar Rut wil nie, maak nie saak hoeveel keer Naomi haar probeer oortuig nie. Rut bevestig haar oortuiging deur \u0149 eed af te l\u00ea. Hierdie eed gaan nie net daaroor dat sy saam met Naomi gaan nie, maar dat sy alles van haar verlede agter haar los. Sy sien af van haar volk en haar godsdiens, meer nog, sy word ingesluit in Naomi se volk en neem God aan is die enigste Here- tot die dood toe.<\/p>\n\n\n\n
Hoeveel keer het jy al so \u2018n belofte afgel\u00ea? Met \u0149 huweliksbelofte beloof jy dat jy vir altyd en deur alle omstandighede by die persoon sal bly staan, tot die dood julle skei. Maar hierdie eed gaan nog verder, dit pas baie mooi in by die belofte van jou belydenisaflegging. Ek laat my sondige lewe agter my en stap lewenslank \u0149 lewenspad saam met die Here. Dit kom na vore in elke keuse wat ek elke dag van my lewe maak.<\/p>\n\n\n\n
Hoe wonderlik is dit dat die Here met \u0149 eed sy verbond aan ons bevestig nie! Hy stap ons lewenspad saam met ons, Hy sal ons nooit verlaat nie, nie eers die dood sal ons kan skei nie want in Jesus Christus het ons die ewige lewe!<\/p>\n\n\n\n
Gebed.
Ons hemelse Vader. Dankie dat ons meer as oorwinnaars is deur Jesus Christus. Dankie dat U my nooit sal verlaat nie. Lei my om dankbaar elke dag te lewe deur u Heilige Gees. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
Romeine 8:31-39.<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
0722729631
GK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Rut 1.Vers wat tref, Rut 16-17: \u201cMaar Rut het geantwoord: \u201cMoet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God; waar u sterf, […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1842"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1842"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1842\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1843,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1842\/revisions\/1843"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1842"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1842"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1842"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}