{"id":1840,"date":"2021-08-06T07:09:18","date_gmt":"2021-08-06T05:09:18","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1840"},"modified":"2021-08-06T07:09:18","modified_gmt":"2021-08-06T05:09:18","slug":"dagstuk-06-aug-2021-lesse-uit-die-diereryk-3-skrifgedeelte-ps-221-6","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1840","title":{"rendered":"Dagstuk 06 Aug 2021 \u2013  Lesse uit die diereryk (3) &#8211; Skrifgedeelte: Ps 22:1-6"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Ps 22:1-6\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:\u00a0 v6<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 22:6&nbsp;&nbsp; \u2013 \u201cHulle het na U om hulp geroep en hulle is bevry; op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Daar is \u0149 opgewondenheid by Dawid in vers 1 wanneer hy vir die koorleier opdrag gee vir die musiek wat by Psalm 22 hoort. \u2013 Op die wysie van: \u201cDie wildsbok van die daeraad.\u201d Daarna klink dit nie of die volgende verse hierby sal pas nie.&nbsp; Hy worstel met God omdat hy ervaar dat die Here hom verlaat het.&nbsp; Die Here voel vir hom ver. Snags kry hy geen rus nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>In vers 4 bevestig hy weer dat God die Heilige is wat woon waar die lofsange van Israel weerklink.&nbsp; Terwyl die lofsange steeds in sy ore weerklink onthou hy dat die Here hul voorvaders bevry het en na hul hulpgeroep geluister het.&nbsp; In die res van Psalm 22 stort Dawid dan sy hart en nood behoorlik voor die Here uit. Dit voel vir hom dat hy \u0149 wurm is, dat die honde hom omsingel en die leeus hom verskeur.&nbsp; Uiterlik is hy afgemat en innerlik het sy hart soos was geword.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Ons beleef ook dae dat dit voel asof daar geen hoop meer is nie.&nbsp; Ons leer in Psalm 22 om op daardie dae soos die wildsbok op te staan en die daeraad van God se skepping te gewaar.&nbsp; Elke nuwe dag wat aanbreek bring weer nuwe hoop en bevestig dat God altyd daar is. Wanhoop verdwyn die oomblik wanneer Dawid God se trou en liefde sien.&nbsp; Hy kan in vers 22 uitroep dat die Here sy gebede verhoor.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dawid was \u0149 skaapwagter voordat hy koning geword het.&nbsp; Hy het baie nagte in die veld deurgebring en die wildsbokke wat rats oor die klippe spring en oor die rante wip was sekerlik die inspirasie wat hom vroegoggend kon motiveer.&nbsp; Die beeld van die wildsbok word meermale in die Bybel gebruik om lewenslus uit te beeld.&nbsp; Die ratsheid en behendigheid van die wildsbok is aansteeklik en gee positiewe energie.&nbsp; Met behendigheid en groot vernuf klouter die wildsbok die hoogste berge uit en staan trots teen die gloed van die daeraad.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons lees in Ps 42:2 \u2013 \u201cSoos die wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God .\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In Hooglied 2:8,9 is daar \u0149 opgewondenheid as die bruidegom oor die rante wip om by sy geliefde uit te kom. In Habakuk 3:19 gee die Here uitkoms: \u201cDie Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos die van \u0149 ribbok, op ho\u00eb plekke laat Hy my veilig loop.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In ons versugtinge en worstelinge leer ons om soos die wildsbok na die Here te smag en word ons versterk as Christus ons verseker dat Hy ons deur die Heilige Gees veilig sal laat loop.&nbsp; Begin jou dag op die wysie van: \u201cDie wildsbok van die daeraad.\u201d&nbsp; Leef opgewonde en bly want God het ons bevry.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 42<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie dat U my bevry het en weer nuwe hoop gee. Dankie dat ek elke dag met \u0149 lied in my hart tegemoet kan gaan. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>Sel: 0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Ps 22:1-6\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:\u00a0 v6 Ps 22:6&nbsp;&nbsp; \u2013 \u201cHulle het na U om hulp geroep en hulle is bevry; op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie.\u201d Daar is \u0149 opgewondenheid by Dawid in vers 1 wanneer hy vir die koorleier opdrag gee vir die musiek wat by Psalm 22 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1840"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1840"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1840\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1841,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1840\/revisions\/1841"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1840"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1840"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1840"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}