{"id":1808,"date":"2021-07-30T06:41:22","date_gmt":"2021-07-30T04:41:22","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1808"},"modified":"2021-07-30T06:41:22","modified_gmt":"2021-07-30T04:41:22","slug":"dagstuk-30-julie-2021-lesse-oor-hoop-uit-die-diereryk-3-skrifgedeelte-mt-1016-20","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1808","title":{"rendered":"Dagstuk 30 Julie 2021 \u2013  Lesse oor Hoop uit die diereryk  (3) &#8211; Skrifgedeelte: Mt 10:16-20"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 10:16-20\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:\u00a0 v16<\/p>\n\n\n\n<p>Mt 10:16&nbsp;&nbsp; \u2013 \u201cEk (Jesus) stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In hierdie gedeelte gebruik Jesus \u0149 paar vreemde vergelykings.&nbsp; Skape, wolwe, slange en duiwe hoort immers nie saam nie. Skape se natuurlike vyand is wolwe. Netso hoort slange en duiwe nie saam nie.&nbsp; Met die o\u00ebnskynlike vreemde beeldspraak leer Jesus sy volgelinge om op Hom te vertrou. Deurdat hulle hul nie hoef te bekommer oor wat hulle moet s\u00ea nie, word hul deur die Gees versterk om moed te skep en hoopvol te leef.<\/p>\n\n\n\n<p>Elkeen van Jesus se opdragte berei hulle voor om te getuig. Jesus wil nie dat hulle onverhoeds betrap word nie. Gebeure van die afgelope weke met die plundering van winkels en die vernietiging van infra-strukture het almal onkant betrap.&nbsp; Dit is een van die mees onbenydenswaardigste posisies waarin ek myself kan bevind. As ek onkant en onvoorbereid betrap word verdwyn alle hoop.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Jesus verwys na verskillende diere om ons voor te berei.&nbsp; Dit is maklik om die wolwe tussen die skape te identifiseer.&nbsp; Wolwe word redelik maklik uitgeken as daar gevaar ontstaan. Wolwe is hier \u0149 waarskuwing teen vyandige magte sowel as ander geestelike gevare. Deur jou vyand te ken kan jy weerstand bied.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Jesus se verwysing na die slang en duif beskryf die optrede wat ons moet openbaar.&nbsp; Alhoewel die beeld van die slang gewoonlik gebruik word om na die Satan te verwys,&nbsp; is die bedoeling hier dat ons waaksaamheid sal openbaar.&nbsp; Juis omdat die slang listig is, en daarom versigtig optree om nie vertrap te word nie,&nbsp; word ons daarop bedag gemaak om met groot omsigtigheid op te tree.&nbsp; Soms sal dit ook nodig wees om die opregtheid van die duiwe te openbaar.&nbsp; Dit dui op suiwer intensies sonder enige versteekte agendas en bybedoelings.<\/p>\n\n\n\n<p>Laastens word ons deur die inwoning van die Heilige Gees versterk. Dit is onvermydelik dat daar vervolging en moeilike omstandighede op ons pad sal kom.&nbsp; Ons sal onverhoeds betrap word en dalk nie weet wat om te s\u00ea of te doen nie.&nbsp; Dan sal die Gees van ons Vader deur ons praat.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dit verseker dat ons hoopvol kan leef omdat Jesus ons voorberei en gereed maak op elke moontlike gebeurtenis.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 23<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie dat U ons voorberei om teen vervolging te kan optree. Leer my om na die stem van U Gees te luister.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>Sel: 0824560235<\/p>\n\n\n\n<p>Ek en Ds Danie neem beurte met die skryf van dagstukkies. Dit is saam met preke en ander inligting ook beskikbaar op GK Rietvallei se webblad (<a href=\"http:\/\/www.gkrietvallei.co.za\">www.gkrietvallei.co.za<\/a>). Groete Petrus<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 10:16-20\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:\u00a0 v16 Mt 10:16&nbsp;&nbsp; \u2013 \u201cEk (Jesus) stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.\u201d In hierdie gedeelte gebruik Jesus \u0149 paar vreemde vergelykings.&nbsp; Skape, wolwe, slange en duiwe hoort immers nie saam nie. Skape se natuurlike vyand is wolwe. Netso hoort [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1808"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1808"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1808\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1809,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1808\/revisions\/1809"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1808"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1808"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1808"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}