{"id":1782,"date":"2021-07-28T06:41:13","date_gmt":"2021-07-28T04:41:13","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1782"},"modified":"2021-07-28T06:41:13","modified_gmt":"2021-07-28T04:41:13","slug":"dagstuk-28-julie-2021-lesse-oor-hoop-uit-die-diereryk-2-skrifgedeelte-deut-321-12","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1782","title":{"rendered":"Dagstuk 28 Julie 2021 \u2013  Lesse oor Hoop uit die diereryk (2) &#8211; Skrifgedeelte: Deut 32:1-12"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Deut 32:1-12\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:\u00a0 Deut 32:11b,12<\/p>\n\n\n\n<p>Deut 32:11b,12&nbsp;&nbsp; \u2013 \u201c&#8230;&#8230; soos \u0149 arend wat sy\nkuikens op sy vlerke dra, so het die Here, net Hy alleen, sy volk gelei.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In Deut 32:1 roep Moses twee getuies wanneer hy praat.\nDie hemel en die aarde moet na sy woorde luister.&nbsp; Hy wil die Naam van die\nHere roem. Hiervoor gebruik hy die re\u00ebnwater, dou en sagte re\u00ebns as beelde om\nGod se omvangryke sorg te beskryf.&nbsp; Hy beleef God as die Rots. <\/p>\n\n\n\n<p>Maar net daarna moet hy erken dat Israel ontrou aan die\nHere is. Hy noem hulle \u0149 dwase volk, vals en korrup, en nie geskik vir die Here\nse diens nie.&nbsp; Alhoewel hulle niks verdien het nie, kom omhels die Here\ntog nog sy volk. God vertroetel hulle en versorg hulle soos die appel van sy\noog.&nbsp; Dit beantwoord die tergendste vraag van die mens: \u201cIs daar nog\nhoop?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Ek beleef soms letterlik dat ek uit my nes geskop word.\nOmstandighede veroorsaak dat en nie meer in my gemaksone kan leef nie.\nVeranderde lewensomstandighede&nbsp; en gevolge van Covid en onrus laat ons\nonveilig, verlate en verlore voel. <\/p>\n\n\n\n<p>Aanvanklik klink dit wreed dat die arend sy kleintjies\nuit die nes skop. Tog is dit die enigste manier om te verseker dat die\nkleintjies sal leer om te vlieg.&nbsp; Terwyl hulle na benede tuimel, sprei hul\ninstinktief hul vlerke.&nbsp; Die val word afgeweer wanneer die vlerke geoefen\nis om te kan vlieg.&nbsp; In hierdie hele proses fladder die arend beskermend\nbokant hulle om te kyk waar en wanneer dit nodig is om weer onder hulle in te\nbeweeg en sy vlerke oop te sprei om hulle te vang voordat hulle die grond tref.&nbsp;\n<\/p>\n\n\n\n<p>Die verloop van die lewe sal ons dikwels uit ons veilige\nnes kom skop.&nbsp; In onseker tye en gedurende oomblikke waar ek voel dat ek\nafwaarts tuimel en my teen die grond te pletter gaan val, kom dra God ons op sy\nvlerke.&nbsp; Hiervoor gebruik Hy ouers om kinders verantwoordelikheid te leer\nen hoop in onseker tye te gee. Hy gebruik mense rondom my om te ondersteun en\nte keer as ek val. <\/p>\n\n\n\n<p>Is daar nog hoop? &#8211;&nbsp; Ja, in Christus is ek van die\nlewe verseker.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Sag 8:1-15<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie dat U my opvang wanneer dit voel dat alles in duie stort.\nDankie dat U my elke dag soos die sagte dou kom verkwik en nuwe hoop\nbring.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>Sel:\n0824560235<\/p>\n\n\n\n<p>Ek\nen Ds Danie neem beurte met die skryf van dagstukkies. Dit is saam met preke en\nander inligting ook beskikbaar op GK Rietvallei se webblad (<a href=\"http:\/\/www.gkrietvallei.co.za\">www.gkrietvallei.co.za<\/a>). Groete Petrus <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Deut 32:1-12\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:\u00a0 Deut 32:11b,12 Deut 32:11b,12&nbsp;&nbsp; \u2013 \u201c&#8230;&#8230; soos \u0149 arend wat sy kuikens op sy vlerke dra, so het die Here, net Hy alleen, sy volk gelei.\u201d In Deut 32:1 roep Moses twee getuies wanneer hy praat. Die hemel en die aarde moet na sy woorde luister.&nbsp; Hy wil die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1782"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1782"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1782\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1783,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1782\/revisions\/1783"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1782"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1782"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1782"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}