{"id":1780,"date":"2021-07-26T07:58:16","date_gmt":"2021-07-26T05:58:16","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1780"},"modified":"2021-07-26T07:58:16","modified_gmt":"2021-07-26T05:58:16","slug":"dagstuk-26-julie-2021-lesse-oor-hoop-uit-die-diereryk-1-skrifgedeelte-mt-625-35","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1780","title":{"rendered":"Dagstuk 26 Julie 2021 \u2013  Lesse oor Hoop uit die diereryk (1) &#8211; Skrifgedeelte:  Mt 6:25-35"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte:\u00a0 Mt 6:25-35\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v25<\/p>\n\n\n\n<p><a>Mt 6:25&nbsp;&nbsp; \u2013 \u201cMoet julle nie bekommer oor julle lewe nie.\u201d<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><a>Met die volgende aantal dagstukkies lees ons van die optrede van diere wat\nons weer nuwe hoop gee. Die belangrikheid van diere in die Bybel is reeds in\nGenesis duidelik met die skeppingsverhaal. Te midde van ons bestaande nood\nverskuif Jesus ons fokus na die wilde vo\u00ebls.&nbsp; In ander bekende gedeeltes\nword na die arend (Jes 40:31) verwys terwyl die duif wat Noag (Gn 11:9-12)\nuitstuur om te bepaal of daar dro\u00eb grond is, sy hoop op oorlewing\nbevestig.&nbsp; <\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Die onrus, geweld en onlangse plundery saam met die seer\nvan Covid bring oneindige bekommernis. Dit word letterlik \u0149 stryd om oorlewing\noor dit wat ek sal aantrek of eet.&nbsp; Die aanskoue van die vernietiging van\nlewensnoodsaaklike strukture en die konvooie trokke wat voedsel aanry sal nie\nmaklik vergeet word nie.&nbsp;&nbsp;&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Terwyl Jesus die nood van die mens ken, verwys Hy na die\noptrede van die wilde vo\u00ebls.&nbsp; Groot swerms vo\u00ebls was vir die Jode ook nie\nonbekend nie.&nbsp; Inteendeel was dit deel van hulle alledaagse bestaan.&nbsp;\nOns het so verstrik geraak met ons omstandighede dat ons ook nie meer kennis\nneem van die vo\u00ebls wat elke dag in die hemelruim sweef en in ons tuine kom\nnesmaak nie. Hulle is maar net daar. Wanneer laas het jy die getjirp van \u0149 vo\u00ebl\ngewaar? <\/p>\n\n\n\n<p>Die wilde vo\u00ebls is deel van God se skepping en Jesus se\nverwysing daarna leer ons wat dit beteken om moed te skep en aan te hou om te\nhoop.&nbsp; Dit lyk amper asof die vo\u00ebls \u0149 sorgelose bestaan het.&nbsp; Hulle\ndoen niks nie. Hulle maak nie in skure bymekaar nie. Hulle oes nie.&nbsp; En\ntog is daar steeds elke dag groot swerms wat oral versamel. Boonop sweef die\nvo\u00ebls vry rond asof daar geen bekommernisse is nie.&nbsp; Soms smag ons ook\ndaarna om so vry soos \u0149 vo\u00ebl te wees. Om net vir \u0149 oomblik van die eindelose\ngejaag te ontsnap. Om letterlik van die wanhoop na \u0149 plek van hoop te vlieg.<\/p>\n\n\n\n<p>Jesus wys eers daarop dat dit die mens nie beskore is\nnie. Inteendeel skets Hy \u0149 nog donkerder prentjie. Geen bekommernis kan my lewe\nverander nie.&nbsp; Op moed verloor se vlakte is die beste plek om hoop te kry.\nHier kom maak Christus jou vry.<\/p>\n\n\n\n<p>Met die verwysing na die prag en praal van Salomo\nbeklemtoon Jesus my posisie. Jy is vir God baie meer werd. Daarvoor het Jesus\naan die kruis gesterf en ook opgestaan. Jou hemelse Vader sorg vir jou. Sonder\ndat ek daaraan dink weet Hy wat ek nodig het. Ek is vir Hom oneindig\nkosbaar.&nbsp; Nes die vo\u00ebls het ek niks om aan te bied nie.&nbsp; Net Christus\nsorg vir my!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Mt 10:26-31<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie dat U elke dag vir my sorg. Leer my om altyd\nna U wil te vra.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>Sel: 0824560235<\/p>\n\n\n\n<p>Ek en Ds Danie neem beurte\nmet die skryf van dagstukkies. Dit is saam met preke en ander inligting ook\nbeskikbaar op GK Rietvallei se webblad (<a href=\"http:\/\/www.gkrietvallei.co.za\">www.gkrietvallei.co.za<\/a>).\nGroete Petrus <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte:\u00a0 Mt 6:25-35\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v25 Mt 6:25&nbsp;&nbsp; \u2013 \u201cMoet julle nie bekommer oor julle lewe nie.\u201d Met die volgende aantal dagstukkies lees ons van die optrede van diere wat ons weer nuwe hoop gee. Die belangrikheid van diere in die Bybel is reeds in Genesis duidelik met die skeppingsverhaal. Te midde van ons [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1780"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1780"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1780\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1781,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1780\/revisions\/1781"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1780"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1780"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1780"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}