{"id":1759,"date":"2021-07-16T06:39:26","date_gmt":"2021-07-16T04:39:26","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1759"},"modified":"2021-07-16T06:39:26","modified_gmt":"2021-07-16T04:39:26","slug":"dagstuk-16-julie-2021-gevolg-3-skrifgedeelte-lk-1720-37","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1759","title":{"rendered":"Dagstuk 16 Julie 2021 \u2013  Gevolg (3) &#8211; Skrifgedeelte: Lk 17:20-37"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Lk 17:20-37 Teks wat tref:\u00a0 Lk 17:34,35<\/p>\n\n\n\n<p>Lk 17 34,35&nbsp; \u2013 \u201c. &#8230;&#8230; <a>die\neen sal saam geneem word en die ander een agtergelaat word<\/a>\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>Jesus\nhet sy dissipels met gelykenisse geleer wat dit beteken om Hom te volg. (Lk 9)\nHy waarsku ook later in Lk 20:9-19 dat sy volgelinge openlik vervolg sal word.\nAl die gebeure het \u0149 bepaalde gevolg &#8211; &#8230;&#8230; \u201c<a>die een\nsal saam geneem word en die ander een agtergelaat word<\/a>.\u201d .<\/p>\n\n\n\n<p>Die\nFarise\u00ebrs wil weet wanneer die koninkryk van God kom. Hulle besef nie dat God\nse koninkryk daar is waar Hy regeer. Dit is nie gebonde aan \u0149 spesifieke tyd of\nplek nie. Jesus moet eers baie ly en deur mense verwerp word. Daarna sal Hy\nskielik en merkbaar soos \u0149 weerligstraal verskyn. Hiermee verwys Jesus na sy\nwederkoms wanneer Hy sal oordeel.&nbsp; Dit sal onverwags en sigbaar vir almal\nwees.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Intussen\nsal die mense maar soos gewoonlik eet, drink en in die huwelik\ntree.&nbsp;&nbsp; Daar bestaan geen dringendheid om voorbereid te leef nie. Met\ntwee voorbeelde uit die Ou Testament (Noag en Lot) spoor Jesus die mense aan om\ngereed te maak en Hom te volg.&nbsp; Volgelinge van Hom moet dringend en\ndaadwerklik optree en met woord en daad wys dat hulle Hom volg.&nbsp; Jou\nleefwyse en keuses het \u0149 direkte gevolg met betrekking tot jou eindbestemming:\n\u201cdie een sal saam geneem word en die ander een agtergelaat word.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Met\nhierdie harde woorde leer Jesus ons dat daar geweldige vereistes vir sy\nvolgelinge gestel word.&nbsp; Ons moet elke oomblik gereed wees.&nbsp; Party\nsal op die dakstoep sit en ander sal op die land werksaam wees. Maak seker dat\njy altyd gereed is as die Seun van die mens verskyn.&nbsp; Besin of jy nou op\ndie plek is waar jy die Here kan ontmoet?<\/p>\n\n\n\n<p>Op\ndaardie dag sal twee mense op een bed slaap en een sal saamgeneem word. Twee\nvroue sal koring maal en een sal saamgeneem word. Hiermee het Jesus aangetoon\ndat daar geen plek is waar ons sy oordeel met sy verskyning kan ontvlug nie.\nMaak seker dat jy altyd gereed is. Die dissipels verstaan steeds nie die\ndringendheid daarvan om Jesus reg te volg nie wanneer hulle Hom vra waar dit\nsal gebeur nie.&nbsp; Aasvo\u00ebls wat bymekaarkom is \u0149 besliste aanduiding dat\ndaar aas is. Dit is \u0149 feit. So seker is dit dat Jesus weer sal kom. <\/p>\n\n\n\n<p>Hoe jy die Here volg het \u0149 bepaalde en definitiewe\ngevolg!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 25<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, ons is omring deur soveel nood en swaarkry.&nbsp;\nDaarby worstel ek daagliks om staande te bly en teen die sonde te stry.&nbsp;\nStuur U Gees om my vir U koms voor te berei.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235 <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Lk 17:20-37 Teks wat tref:\u00a0 Lk 17:34,35 Lk 17 34,35&nbsp; \u2013 \u201c. &#8230;&#8230; die een sal saam geneem word en die ander een agtergelaat word\u201d Jesus het sy dissipels met gelykenisse geleer wat dit beteken om Hom te volg. (Lk 9) Hy waarsku ook later in Lk 20:9-19 dat sy volgelinge openlik vervolg sal [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1759"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1759"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1759\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1760,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1759\/revisions\/1760"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1759"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1759"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1759"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}