{"id":1757,"date":"2021-07-14T07:24:52","date_gmt":"2021-07-14T05:24:52","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1757"},"modified":"2021-07-14T07:24:52","modified_gmt":"2021-07-14T05:24:52","slug":"dagstuk-14-julie-2021-vervolg-2-lk-20-skrifgedeelte-lk-209-19","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1757","title":{"rendered":"Dagstuk 14 Julie 2021 \u2013  Vervolg (2) Lk 20 &#8211; Skrifgedeelte: Lk 20:9-19"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Lk 20:9-19&nbsp; Teks wat tref:&nbsp; Lk\n20:16b<\/p>\n\n\n\n<p>Lk 20:16b&nbsp; \u2013 \u201cNee, dit moenie gebeur nie . \u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Jesus\nse dissipels leer elke dag wat dit beteken om Hom te volg nadat Hy in Lk 9 die\neise van dissipelskap gestel het.&nbsp; In party dorpe word hulle openlik\nvervolg, ander kere beleef hulle dat mense teen hulle is en in Lukas 20:1-8\nword hulle gesag bevraagteken.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Om\nJesus te volg word soms verkeerdelik as \u2018n edel en prysenswaardige leefwyse\nvoorgehou. So asof dit iets is waaraan ek kan deelneem en selfs baie avontuur\nkan beleef en om selfs met so \u0149 \u201cvoorbeeldige\u201d lewe te kan spog.&nbsp; Met die\ngelykenis van die boere en die wingerd in Lk 20:9-19 wys Jesus op die\nvervolging wat ons te wagte kan wees.&nbsp; Ons ontmoet \u0149 man wat \u0149 wingerd\naangeplant het en dit aan boere verhuur het.&nbsp; Op die regte tyd stuur hy sy\nslaaf om sy deel van die opbrengs te gaan haal.&nbsp; Drie maal word die slawe\naangerand en met le\u00eb hande terug gestuur.&nbsp; Ons onmiddellike reaksie is dat\nhul optrede onregverdig en liefdeloos is.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In\nhierdie gelykenis leer Jesus ons dat sy volgelinge teenkanting en verwerping te\nwagte kan wees.&nbsp; Met elke volgende slaaf wat gestuur word, is&nbsp; die\nwreedheid en optrede van die boere net erger. Ons beleef ook nou reeds dat die\nw\u00eareld Jesus se volgelinge wil uitwis met wetgewing en besluite wat geen respek\nvir God se Wet en mense se lewens het nie. Aborsie, weglating van godsdiens in\nskole en voorgestelde wetgewing om selfde geslag-huwelike toe te laat is lankal\nnie meer vreemd nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Terwyl\nons wonder waar dit alles gaan eindig, vertel Jesus dat die wrede boere nie\neers gehuiwer het om die man se eie seun dood te maak nie.&nbsp; Wetteloosheid\nen eiewaan ken geen perke nie.&nbsp;&nbsp; Ons roep saam met hoorders is Lk\n20:16 uit dat dit nie mag gebeur nie!<\/p>\n\n\n\n<p>In hierdie gelykenis kry ons tegelyk \u0149 waarskuwing en\nbemoediging.&nbsp; Die skrifgeleerdes en priesterhoofde besef dadelik dat Jesus\nop hulle gesinspeel het.&nbsp; As volgelinge van Jesus word ons na die wingerde\ngestuur.&nbsp; Ons kan verwerping, aanranding en selfs die dood in die o\u00eb staar\nwanneer ek in diens van die Here staan.&nbsp; Jesus moes sterf, sodat ons\neindelik kan bly lewe.&nbsp; Hy is die belangrikste klip in die gebou.&nbsp; In\nsy oordeel vermorsel Hy elkeen wat Hom teenstaan.<\/p>\n\n\n\n<p>Jesus berei ons voor dat daar nog baie vervolging sal\nkom. Maar ons weet Hy het reeds oorwin. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 118<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, berei my voor om altyd gereed en bereidwillig te\nwees om terwille van U Naam te leef en te sterf.&nbsp; Stuur U Gees om my&nbsp;\nweerbaar te maak om die aanslae teen U koninkryk te kan weerstaan. Ons bid ook\nvir vrede en harmonie in ons land wat brand en vernietig word deur die optrede\nvan boosdoeners.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235 <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Lk 20:9-19&nbsp; Teks wat tref:&nbsp; Lk 20:16b Lk 20:16b&nbsp; \u2013 \u201cNee, dit moenie gebeur nie . \u201d Jesus se dissipels leer elke dag wat dit beteken om Hom te volg nadat Hy in Lk 9 die eise van dissipelskap gestel het.&nbsp; In party dorpe word hulle openlik vervolg, ander kere beleef hulle dat mense [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1757"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1757"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1757\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1758,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1757\/revisions\/1758"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1757"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1757"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1757"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}