{"id":1743,"date":"2021-07-09T06:38:08","date_gmt":"2021-07-09T04:38:08","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1743"},"modified":"2021-07-09T06:38:08","modified_gmt":"2021-07-09T04:38:08","slug":"dagstuk-09-julie-2021-keuses-weet-wanneer-om-op-te-hou-3-skrifgedeelte-eseg-311-18","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1743","title":{"rendered":"Dagstuk 09 Julie 2021 \u2013  Keuses \u2013 Weet wanneer om op te hou (3) -Skrifgedeelte: Eseg 31:1-18"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Eseg 31:1-18\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:\u00a0 v10,11<\/p>\n\n\n\n<p>Eseg 31:10 &#8211;&nbsp; So s\u00ea die Here my God \u2013 \u201cDie seder het\nhoog gegroei, sy top was tussen die wolke, maar sy hoogte het hom hooghartig\ngemaak \u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Die\nkoning van Egipte (Farao) moes sekerlik baie tevrede en selfvoldaan gevoel het\ntoe die profeet Esegi\u00ebl hom met sy magvertoon gelukgewens het.&nbsp; Hy word\nmet \u0149 seder op die Libanon vergelyk wat met sy pragtige takke skaduwees oor die\nbos gegooi het. Hy het hoog gegroei, word deur die beste waterbronne gevoed en\ndie vo\u00ebls kom maak nes in sy takke. Wilde diere versamel onder die boom\nen&nbsp; baie nasies kom woon in sy skaduwee.&nbsp; Geen ander boom is in staat\nom met die seder mee te ding nie. Al die bome in die godetuin was jaloers op\ndie seder.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nis van korte duur. Die Here se verdoemende woorde in vers 10 en 11 laat die\neens magtige boom tuimel omdat sy hoogte hom hooghartig gemaak het.&nbsp; Hy\nword aan sy boosheid oorgegee. Die takke val stukkend in die klowe,&nbsp; en\nvan die prag bly niks oor nie.&nbsp; Net dooie stompe. Onbruikbaar.&nbsp; Al\nwat oorbly is die plek onder die grond tussen die mense wat in die graf is.\nDaarby sal geen boom ooit weer so hoog groei nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ons\nwil almal graag \u0149 boom wees wat bruikbaar en mooi is.&nbsp; Ek wil\nspreekwoordelik skadu verskaf, vrugte dra om mee te voed, \u0149 vergaderplek wees\nvir mense en uitstaan en raak gesien word.&nbsp; Dit is edel en goed\nbedoel.&nbsp; Maar ek moet onthou dat God die grense vasstel en bepaal.&nbsp;\nIn hierdie gelykenis is daar \u0149&nbsp; baie duidelike waarskuwing teen\nhooghartigheid. Dit is goed om edel motiewe te h\u00ea, solank ek nie daarmee\nprobeer om bo God verhewe te wees nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nmag soms nodig wees dat ek my kop tussen die wolke moet uithaal en af kom aarde\ntoe. <\/p>\n\n\n\n<p>Met\nmy optrede moet ek die eer van God soek anders sal ek afgaan na die graf toe en\ndaar tussen die eerloses l\u00ea. <\/p>\n\n\n\n<p>Met\nsy optrede het Christus nooit eie roem gesoek nie. Alhoewel Hy bo alles verhewe\nis, het Hy nogtans die vernedering tot in die dood ondergaan sodat ek soos \u0149\nseder bokant die wolke by God kan staan.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Lukas\n18:9-14<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, ek word so maklik deur die w\u00eareldse begeertes\ningesluk.&nbsp; Stuur U Gees om my nederigheid te leer.&nbsp; Snoei die takke\nvan my sondige natuur weg. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235 <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Eseg 31:1-18\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:\u00a0 v10,11 Eseg 31:10 &#8211;&nbsp; So s\u00ea die Here my God \u2013 \u201cDie seder het hoog gegroei, sy top was tussen die wolke, maar sy hoogte het hom hooghartig gemaak \u201d Die koning van Egipte (Farao) moes sekerlik baie tevrede en selfvoldaan gevoel het toe die profeet Esegi\u00ebl hom met [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1743"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1743"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1743\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1744,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1743\/revisions\/1744"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1743"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1743"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1743"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}