{"id":1741,"date":"2021-07-07T06:24:15","date_gmt":"2021-07-07T04:24:15","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1741"},"modified":"2021-07-07T06:24:15","modified_gmt":"2021-07-07T04:24:15","slug":"dagstuk-07-julie-2021-keuses-na-wie-is-jou-gesig-gedraai-2-skrifgedeelte-eseg-17-1-19","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1741","title":{"rendered":"Dagstuk 07 Julie 2021 \u2013  Keuses \u2013 Na wie is jou gesig gedraai? (2) &#8211; Skrifgedeelte: Eseg 17: 1-19"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Eseg 17: 1-19\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:v2,9\u00a0\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p>Eseg 17:2&nbsp;&nbsp; \u2013 \u201cMens , jy moet vir Israel \u0149\nfabel, \u0149 gelykenis, vertel. \u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Eseg\n17:9 \u2013 \u201cSal dit goed gaan met di\u00e9 wingerdstok?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In\n\u0149 insiggewende artikel word vertel dat die mens gemiddeld 35&nbsp;000 keuses\nper dag maak. Baie hiervan vind onbewustelik in die brein plaas.&nbsp; \u0149\nVerdere aantal met die keuse van wat ek moet eet of aantrek tot die gewigter\nkeuses oor die besluit van \u0149 loopbaan of plek van aftrede. <\/p>\n\n\n\n<p>In\nEseg 17 word die profeet deur die Here gestuur om aan die volk \u0149 fabel, \u0149\ngelykenis te vertel. Met nog \u0149 beeld uit die natuur verkry die volk insig om\ndie maak van keuses te bepaal.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Soos\nmet enige gelykenis word bekende beelde gebruik om \u0149 sentrale geestelike\nwaarheid oor te dra.&nbsp; Hier verwys die arend na konings en die wingerdstok\nna die volk. Die steggie groei en word \u0149 groot indrukwekkende wingerdstok wat\nbaie druiwe dra en floreer. Daar heers \u0149 pragtige harmonie. Kort hierna kom\ndaar nog \u0149 groot arend.&nbsp; Die wingerdstok draai sy wortels na hierdie arend\nen stuur sy ranke in di\u00e9 se rigting.&nbsp; Dit ten spyte daarvan dat die\nwingerdstok in goeie grond by baie water geplant was.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Nou\nkonfronteer God die volk met \u0149 beslissende vraag in vers 9: \u201cSal dit goed gaan\nmet di\u00e9 wingerdstok?\u201d Gaan die eerste arend dan nie sy wortels uittrek en sy\nvrugte vernietig nie? Met verwoestende gevolge.&nbsp; Hier het niks anders as\nverraad plaasgevind nie!&nbsp; Met die sondeval het die mens sy gesig ook van\nGod weggedraai.&nbsp; Hierdie keuse het \u0149 verwoestende uitwerking gehad.&nbsp;\nDie volk se optrede word ten sterkste veroordeel. Hulle is \u0149 weerbarstige\nvolk.&nbsp; Hy sal verdroog op die plek waar hy gegroei het.&nbsp; In die plek\nwaar baie water en voedingstowwe was, is daar nou net dorre woestyn.&nbsp; So\nlyk \u0149 lewe sonder God.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In\nEsegi\u00ebl se woorde vanaf vers 11 volg daar \u0149 profesie oor dit wat met die volk\ngaan gebeur.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Omdat die volk die Here geminag het, sal hulle nie kan\nvrykom nie.&nbsp; Ons vergeet so maklik dat God ons vas en seker plant en welig\nlaat groei. Ons volg so maklik elke wind van verandering.&nbsp; Mag ons opnuut\ndeur God se Gees gelei word om na Hom te draai. Deur God se genade het Christus\nons weer na Hom gedraai! Ons keuses vertoon die ranke wat ons maak.&nbsp; Na\nWie is jou blare (gesig) gedraai?<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Jh 15:1-8<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, baie dankie dat U my elke dag met alles wat nodig\nis versorg.&nbsp; Stuur U Gees om my o\u00eb en gedagtes op Jesus Christus te\nrig.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235 <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Eseg 17: 1-19\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:v2,9\u00a0\u00a0 Eseg 17:2&nbsp;&nbsp; \u2013 \u201cMens , jy moet vir Israel \u0149 fabel, \u0149 gelykenis, vertel. \u201d Eseg 17:9 \u2013 \u201cSal dit goed gaan met di\u00e9 wingerdstok?\u201d In \u0149 insiggewende artikel word vertel dat die mens gemiddeld 35&nbsp;000 keuses per dag maak. Baie hiervan vind onbewustelik in die brein plaas.&nbsp; [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1741"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1741"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1741\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1742,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1741\/revisions\/1742"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1741"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1741"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1741"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}