{"id":1733,"date":"2021-07-02T07:58:27","date_gmt":"2021-07-02T05:58:27","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1733"},"modified":"2021-07-02T08:48:43","modified_gmt":"2021-07-02T06:48:43","slug":"dagstuk-2-julie-2021-leer-by-die-mier-skrifgedeelte-spreuke-51-10","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1733","title":{"rendered":"Dagstuk 2 Julie 2021- Leer by die mier! – Skrifgedeelte: Spreuke 6:1-11."},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Spreuke 6:1-11.
Vers wat tref, vers 6. \u201cGaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Hoe kan ons vandag by die mier gaan leer?  Selfs al is jy nie \u0149 luiaard nie, leer Salomo ons hier in spreuke dat ons moet bid en werk.<\/p>\n\n\n\n
Heel eerste word \u0149 beeld beskryf waar iemand in skuld verval het en jy borg geteken het vir die skuld, dan is jy verantwoordelik om te betaal.  Werk versigtig met die middele wat jy het.  In hierdie moeilike tye moet ons nogsteeds verantwoordelik optree met ons finansies- rentmeesters wees.  Spreuke herhaal voortdurend dat jy ander moet help, veral is jy in die posisie is om ander te help.  Jy moet egter nie onverantwoordelik wees deur ander te help (borg te staan), maar jy self gaan ten gronde.  En as so iets jou getref het?  Tref dan elke moontlike reling om die skuld minder te maak en los te kom uit hierdie verantwoordelikheid.
\nHoe groot troos het ons nie dat ons die persone is wat die skuld gemaak het, maar dat Jesus Christus vir ons die borg is wat ons skuld volkome delg.  Daarom is ons dankbaarheid groot en kan ons nie ophou om die Here te dank nie.<\/p>\n\n\n\n
Die tweede beeld wat ons hier kry is dat jy moet fluks wees in die regte tyd.  Die miere maak kos bymekaar in die oestyd sodat hulle kos kan h\u00ea in die winter.  Die Here skenk ons ook die wysheid om te kan beplan en die regte daad op die regte tyd te verrig.  Moenie nog \u0149 bietjie sluimer en slaap nie, maar kyk om jou en sien die oes wat gereed is op die lande.
\nSo moet ons as gemeente ook gereed wees: Lukas 10:2 \u201cHy s\u00ea toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.\u201d<\/p>\n\n\n\n
So leer ons by die miere as ons ondertoe kyk, maar ons leer veral as ons opkyk na Hom wat vir ons voorsien.  Mag die Here jou vandag leer om die regte daad te doen vir die tyd wat Hy bepaal het.<\/p>\n\n\n\n
Gebed.
\nOns Vader wat in die hemel is.  Skenk vir my die wysheid vandag om die oes in te bring wat U op die lande geplaas het.  Se\u00ebn my in my middele en mag ek dit met wysheid gebruik om ook ander te help.
\nAlles ontvang ek uit U hand van genade.
\nAmen<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nLukas 10:1-16<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
\n0722729631
\nGK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Spreuke 6:1-11. Vers wat tref, vers 6. \u201cGaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom.\u201d Hoe kan ons vandag by die mier gaan leer? Selfs al is jy nie \u0149 luiaard nie, leer Salomo ons hier in spreuke dat ons moet bid en werk. Heel eerste word \u0149 […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1733"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1733"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1733\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1737,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1733\/revisions\/1737"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1733"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1733"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1733"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}