{"id":1721,"date":"2021-06-25T06:34:30","date_gmt":"2021-06-25T04:34:30","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1721"},"modified":"2021-06-25T06:34:30","modified_gmt":"2021-06-25T04:34:30","slug":"dagstuk-25-junie-2021-koninkryk-kind-dra-n-reuse-maaltyd-aan-5-skrifgedeelte-jh-6-1-15","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1721","title":{"rendered":"Dagstuk 25 Junie 2021 \u2013  Koninkryk Kind dra \u0149 reuse maaltyd aan (5) &#8211; Skrifgedeelte: Jh 6: 1-15"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Jh 6: 1-15\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Jh 6:9<\/p>\n\n\n\n<p>Jh 6:9&nbsp; \u2013 \u201cHier is \u0149 seuntjie met vyf gars brode en\ntwee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Ons leer God dikwels eers ken as daar \u2018n krisis ontstaan.\nOmring deur \u0149 groot skare mense en terwyl Jesus uitgeput is na al die\nwondertekens en die skares wat net nog meer wil h\u00ea, is dit juis Hy wat besef\ndat iemand hulle van \u2018n maaltyd moes voorsien. Hy&nbsp; stuur \u0149 seuntjie met\nvyf brode en twee vissies om in die nood te voorsien en wonders te laat\nplaasvind.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ons is so gewoond om te fokus op die dinge wat ons nie\nhet nie, dat ons gou vergeet van die baie wat ons wel uit die hand van die Here\nontvang het. Filippus is dadelik gereed met verskonings en menslike\nberekeninge.&nbsp; Volgens hom is dit nie moontlik om soveel kos te koop nie.\nTwee honderd mense se dagloon sou nie eens genoeg wees nie.&nbsp; Andreas maak\nboonop ook nog die opmerking dat dit \u0149 hopelose situasie.&nbsp; Al het Jesus\nsoveel wonders in hulle teenwoordigheid gedoen, het hul steeds nie in Hom geglo\nen op Hom vertrou nie.&nbsp; Tussen die groot skare mense wat agter Jesus\naanloop is daar ook \u0149 klein seuntjie op pad huis toe.&nbsp; Hy word nie eens\nraakgesien nie.&nbsp; En tog bring hy hoop in die wanhoop! <\/p>\n\n\n\n<p>Hierna leer Jesus die dissipels om te gebruik wat jy het.\nMet dit wat die seuntjie beskikbaar gehad het, sal Jesus nou voorsien.&nbsp;\nJesus neem beheer oor. Hy gee opdrag dat die mense moet gaan sit. Die mans\nalleen was omtrent vyf duisend. Met die vyf brode en die twee visse van die\nseuntjie word almal gevoed. Volgens Joodse gebruik word die kos wat oor is\nbymekaar gemaak. Daar is meer oor as waarmee aanvanklik begin is.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Jesus wil die dissipels nog meer leer. Voordat die wonder\nplaasvind, het Hy God daarvoor gedank \u2013 God is die Gewer van alles wat ek\nhet.&nbsp; Die kostelike beeld van \u0149 kind wat saam aan tafel sit en hande vou\nom te bid is seker een van die kosbaarste oomblikke waar ons leer wat dit\nbeteken om \u0149 verhouding met die Here te h\u00ea. In alle opregtheid en in volle\nvertroue is dit die toonbeeld van wat&nbsp; dit wat dit beteken om naby die\nHere te leef.&nbsp;&nbsp; Dit is nog \u0149 les wat ons by kinders leer.&nbsp; Hulle\nvertrou net. Hulle vra nie vrae nie.&nbsp; Dit bring hoop in wanhoop! <\/p>\n\n\n\n<p>Moenie kyk na dit wat jy nie het nie. Fokus op dit wat jy\nhet. Die seun bring vyf brode en twee visse. Gebruik&nbsp; die dinge wat jy\nreeds tot jou beskikking het.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Aan die kruis het Jesus jou lewe ook verander. Ons kry\nbaie meer as brood \u2013 ons kry lewe.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Mt 6:25-34<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, baie dankie dat U in my daaglikse behoeftes\nvoorsien.&nbsp; Dankie vir elke gawe wat ek uit U hand ontvang. Leer my om raak\nte sien dat alles vir U moontlik is en dat ek volkome op U kan vertrou. Maak my\ndiensbaar in U Koninkryk. Amen <\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Jh 6: 1-15\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Jh 6:9 Jh 6:9&nbsp; \u2013 \u201cHier is \u0149 seuntjie met vyf gars brode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?\u201d Ons leer God dikwels eers ken as daar \u2018n krisis ontstaan. Omring deur \u0149 groot skare mense en terwyl Jesus uitgeput is na al [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1721"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1721"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1721\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1722,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1721\/revisions\/1722"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1721"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1721"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1721"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}