{"id":1718,"date":"2021-06-23T06:47:27","date_gmt":"2021-06-23T04:47:27","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1718"},"modified":"2021-06-23T06:47:27","modified_gmt":"2021-06-23T04:47:27","slug":"dagstuk-23-junie-2021-koninkryk-kinders-leer-ons-wat-dit-beteken-om-te-vertrou-4-skrifgedeelte-dan-11-21","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1718","title":{"rendered":"Dagstuk 23 Junie 2021 \u2013  Koninkryk kinders leer ons wat dit beteken om te vertrou (4) –  Skrifgedeelte: Dan 1:1-21"},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Dan 1:1-21\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Dan 1:17

Dan 1:17 \u2013 \u201cGod het aan hierdie vier jongmanne (seuns) verstand gegee en insig in alles wat geskryf is, en ook wysheid.\u201d

Dani\u00ebl en sy vriende word as gevangenes na \u2019n vreemde land weggevoer op die jeugdige ouderdom van omtrent 13 jaar oud. Koning Nebukadneser dring by Aspenas daarop aan dat die seuns uit die koninklike geslag en huise van die vername mense geneem word.\u00a0 Daarby moes hulle sonder liggaamsgebrek wees, mooi, toegerus met kennis, verstandig en bekwaam om in die paleis diens te doen.\u00a0\u00a0 Hulle word aan die vreemde praktyke en gewoontes van \u2019n koning wat God nie erken nie, onderwerp. Hulle word van hul identiteit gestroop wanneer hulle ander name kry.\u00a0 Alle bande met hul verlede word verbreek.\u00a0 Selfs hulle eetgewoontes moes verander.\u00a0

Die proefneming met die kossoorte wat Dani\u00ebl en sy vriende moet eet, lei daartoe dat hulle ver bo die ander gevangenes uitstyg.\u00a0 Hulle ontvang verstand, insig en wysheid in so \u2019n mate dat die vreemde koning hulle onverwyld in top poste aanstel. Hiervoor het God reeds voorsiening gemaak deurdat hulle die nodige opleiding in hul ouerhuise ontvang het.\u00a0 Dit is ook duidelik dat hulle reeds van kindsbeen af van God geleer het.\u00a0 Daarom weier hulle om van die koning se kos te eet en aan die heidense praktyke deel te neem.\u00a0 \u0149 Prysenswaardige voorbeeld deur hierdie kinders gestel!

Tog was dit nie hulle dieet wat hiervoor gesorg het nie.\u00a0 Alhoewel die regte en gesonde voedsel belangrik is, was dit eerder hulle vertroue op die Here wat hulle onderskei het.\u00a0 Hul toewyding aan God was so belangrik dat hulle bereid was om hul eetgewoontes aan te pas om te wys dat die Here in alles voorsien.\u00a0 Die huidige tydgreep waarin ons lewe vra ook verandering van gewoontes en gebruike waaraan ons gewoond was.

Om in \u2019n lewende verhouding met die Here te staan, is veel belangriker as dit wat ek eet en drink. Dani\u00ebl en sy vriende se gehoorsaamheid aan God lei daartoe dat hulle tien maal beter as al die ander towenaars en voorspellers is.\u00a0

In God se koninkryk is ouderdom nie belangrik nie.\u00a0 Die Here leer ons om gehoorsaam te wees en om te vertrou. Die optrede van hierdie jong seuns motiveer ons om ook nes kinders blindelings te vertrou en te weet dat God sal voorsien.\u00a0 Benewens dit wat ek in sy Woord leer, sorg Hy ook vir die regte dieet, sodat ek met onderskeiding kan optree.\u00a0

So het God vir Christus gestuur en Hom laat oorwin sodat ek elke dag met vertroue kan begin.\u00a0

Dors vir meer:
Lk 4:1-13

Gebed
Here, baie dankie vir die voedsel en versorging wat ek onverdiend ontvang. Skenk aan my die insig en wysheid om reg te kan onderskei. Leer my om soos \u0149 kind op U te vertrou.\u00a0 Amen

Petrus van Blerk
GK Rietvallei
0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Dan 1:1-21\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Dan 1:17 Dan 1:17 \u2013 \u201cGod het aan hierdie vier jongmanne (seuns) verstand gegee en insig in alles wat geskryf is, en ook wysheid.\u201d Dani\u00ebl en sy vriende word as gevangenes na \u2019n vreemde land weggevoer op die jeugdige ouderdom van omtrent 13 jaar oud. Koning Nebukadneser dring by […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1718"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1718"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1718\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1719,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1718\/revisions\/1719"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1718"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1718"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1718"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}