{"id":1706,"date":"2021-06-21T06:34:24","date_gmt":"2021-06-21T04:34:24","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1706"},"modified":"2021-06-21T06:34:24","modified_gmt":"2021-06-21T04:34:24","slug":"dagstuk-21-junie-2021-koninkryk-kind-bewerk-veiligheid-3-skrifgedeelte-hd-2312-22","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1706","title":{"rendered":"Dagstuk 21 Junie 2021 \u2013  Koninkryk kind bewerk veiligheid (3) &#8211; Skrifgedeelte: Hd 23:12-22"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Hd 23:12-22\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v 16<\/p>\n\n\n\n<p>Hd 23:16&nbsp; \u2013 \u201cMaar die seun van Paulus se suster het\ngehoor van die plan om hom voor te l\u00ea en kaserne toe gekom en dit vir Paulus\ngaan vertel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>By\nverskeie geleenthede gebruik God kinders om sy plan uit te voer. In 2 Kon 5\nbeweeg die getuienis van \u0149 jong ontvoerde dogtertjie vir Na\u00e4man tot \u0149 belydenis\ndat daar net een God is nadat die Here hom van melaatsheid genees.&nbsp; In\nDani\u00ebl 1 kies die jong manne gesonde kos en slaag hulle die toets om te wys dat\ndie Here voorsien wanneer op Hom vertrou word. <\/p>\n\n\n\n<p>In\nHandelinge 23 ontmoet ons vir die apostel Paulus nadat hy voor die Joodse Raad\nverskyn het. Nadat hy getuig het dat hy met \u0149 skoon gewete sy lewe in diens van\nGod gelei het, breek daar \u0149 hewige stryd uit.&nbsp; Die rusie het so hewig\ngeword dat die kommandant bang was dat hulle Paulus uitmekaar sou skeur. Daarna\nword \u0149 komplot gesmee om Paulus dood te maak. Vir sy eie veiligheid word hy in\ndie kaserne opgesluit en kom staan die Here in die nag by hom en beveel hom om\nmoed te hou. (Hd 23:11)<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie\ngebeure veroorsaak groot spanning en te midde van die dreigende en groeiende\ngevaar en intensie van die mense om Paulus dood te maak, word die situasie\nontlont as die seun van Paulus se suster op die toneel verskyn.&nbsp; Hy is\nheel moontlik nog uit die pad gestamp deur die briesende Jode wat Paulus wou\ndoodmaak.&nbsp; Niemand het enigsins van hom notisie geneem nie.&nbsp; Hy was\nmaar net nog \u0149 kind wat daar teenwoordig was.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Nadat\ndie seun van die komplot verneem het, tree hy vinnig en doelgerig op. Hy gaan\ndadelik vir Paulus daarvan vertel.&nbsp; Die rol van die seun is tweeledig.\nEerstens laat sy woorde Paulus terug dink aan God se opdrag en bemoediging in\nHd 23:11 as die Here vir hom s\u00ea: \u201cHou moed!\u201d&nbsp; Tweedens gebruik God se Gees\nhom as instrument om Paulus se veiligheid te verseker.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nwas destyds ongewoon dat \u0149 jong kind by die kaserne toegelaat is.&nbsp; Wat nog\ndaarvan dat \u0149 seun voor die kommandant sou verskyn? Hy beskik oor geen milit\u00eare\nopleiding en het geen rang nie.&nbsp; En tog beskik die Here dit so dat die\noffisier hom aanhoor en boonop&nbsp; verdere opdragte gee&nbsp; dat Paulus se\nveiligheid die hoogste prioriteit is.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die\nHere gebruik \u0149 jong kind om \u0149 gesoute kommandant tot drastiese optrede te\nbeweeg.&nbsp; Nadat hy die seun aangehoor het laat hy hom gaan.&nbsp; Daarna\ntref die kommandant uiterste maatre\u00ebls wanneer Paulus na Sesarea vertrek vir\ndie voortsetting van sy verhoor.&nbsp; God gebruik \u0149 jong seun om te verseker\ndat Paulus veilig in Rome sal aankom vir sy verhoor.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Toe\nGod die mens wou verdelg laat Hy Christus in die pad kom staan om ons\nveiligheid te verseker en die ewige lewe te verwerf.&nbsp;&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>2 Kon 5 <\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie dat U kinders gebruik om U diensknegte se\nveiligheid te verseker.&nbsp; Dankie dat U my elke oomblik veilig hou.&nbsp;\nAmen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Hd 23:12-22\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v 16 Hd 23:16&nbsp; \u2013 \u201cMaar die seun van Paulus se suster het gehoor van die plan om hom voor te l\u00ea en kaserne toe gekom en dit vir Paulus gaan vertel.\u201d By verskeie geleenthede gebruik God kinders om sy plan uit te voer. In 2 Kon 5 beweeg [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1706"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1706"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1706\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1707,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1706\/revisions\/1707"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1706"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1706"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1706"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}