{"id":1702,"date":"2021-06-18T08:42:22","date_gmt":"2021-06-18T06:42:22","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1702"},"modified":"2021-06-22T14:33:42","modified_gmt":"2021-06-22T12:33:42","slug":"dagstuk-18-junie-2021-koninkryk-kinders-besing-die-here-se-magtige-werk-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1702","title":{"rendered":"Dagstuk 18 Junie 2021 \u2013  Koninkryk kinders besing die Here se magtige werk (2) &#8211; Skrifgedeelte: Ps 8:1-10"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Ps 8:1-10      Teks wat tref: v3<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 8:3  \u2013 \u201cKinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Die Here se wonderbare Naam wat oor die hele aarde is, kan nooit deur die mens se verstand begryp of vasgevang word nie.  God se Naam is daarvoor gans te groot en te heerlik. Alles wat Hy in die hemelruim geplaas het, is glansryk.  So helder dat geen woorde dit kan beskryf nie. Tog meld Dawid dat kinders en suigelinge die Here se magtige werk besing.  <\/p>\n\n\n\n<p>Deur gebruik te maak van teenoorgestelde uiterstes leer ons met hierdie Psalm van Dawid iets van die Here se grootheid verstaan.  In vers 2 gebruik hy God se Naam waarmee Hy Hom (Jahwe) aan ons bekend gestel het en tegelykertyd bely hy ook dat ons die Here se eiendom is.  Die ander uiterste is die absolute nietigheid van die mens. Dawid is in verwondering dat daar in die Here se skepping plek is vir die mens.<\/p>\n\n\n\n<p>Met nog \u0149 uiterste stel Dawid kinders en suigelinge teenoor vyande en wraakgieriges.  Brose babas teenoor gierige geweldenaars. Jong kinders onder die ouderdom van drie jaar bring wraakgieriges tot swye.   Dit is wat kinders in God se skepping vermag.  Daarom leer Jesus ons in Mt 18:14 dat die koninkryk juis vir die kindertjies is.  <\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer kinders en suigeling die Here se majesteit in Ps 8 besing, gebruik Hy hulle om van sy majesteit te getuig. Die geboorte van \u0149 baba laat ons verwonderd staan oor die unieke en kosbare manier waar God lewe gee.  Hy vorm die baba in die moederskoot  (Ps 139) en graveer my naam op sy handpalm (Jes 49:16) sodat Hy my nooit sal vergeet nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Kinders is \u0149 geskenk van die Here en hoe wonderlik is dit dan nie dat hulle juis die mag het om God se teenstanders tot swye te bring as hulle sy magtige werk besing. Dit is hoe belangrik kinders vir die Here is.  Die Here laat die grootheid van sy Naam weerklink uit die bestaan van \u0149 klein babatjie en uit die mond van klein kindertjies sodat sy vyande en te\u00ebstanders verstom staan.<\/p>\n\n\n\n<p>Met Jesus se geboorte as baba het Hy net soveel verwondering gebring.  Wyse manne en engele het sy lof besing.  Deur hierdie baba het daar vir ons verlossing gekom en is ons van alle teenstanders bevry toe Jesus vir ons gekruisig is en ook opgestaan het.  Daardeur het ons kinders van sy koninkryk geword om die groot werke van sy hande te besing! <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<br>\nPs 139 <\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<br>\nHere, baie dankie dat U my deel van U skepping gemaak het.  Lei ons deur U Gees om die stemme van elkeen van U kinders te laat hoor om saam U lof te besing. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<br>\n0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Ps 8:1-10 Teks wat tref: v3 Ps 8:3 \u2013 \u201cKinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het.\u201d Die Here se wonderbare Naam wat oor die hele aarde is, kan nooit deur die mens se verstand begryp of vasgevang word nie. God se Naam is daarvoor gans te groot en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1702"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1702"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1702\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1713,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1702\/revisions\/1713"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1702"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1702"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1702"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}