{"id":1698,"date":"2021-06-16T14:28:08","date_gmt":"2021-06-16T12:28:08","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1698"},"modified":"2021-06-22T14:34:04","modified_gmt":"2021-06-22T12:34:04","slug":"dagstuk-16-junie-2021-koninkryk-kinders-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1698","title":{"rendered":"Dagstuk 16 Junie 2021 \u2013  Koninkryk kinders (1) &#8211; Skrifgedeelte: Mt 18:1-9 en 13-15"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 18:1-9 en 13-15      Teks wat tref:  Mt 18:3 <\/p>\n\n\n\n<p>Mt 18:3  \u2013 \u201cAs julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. \u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In die warboel van gebeure pas nadat Jesus vir \u0149 tweede keer sy dood en opstanding in Matteus 17 aangekondig het, kom sy dissipels na Hom met \u0149 vreemde vraag: \u201cWie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?\u201d Nie een bekommer hul oor hul Here se naderende dood nie. Hulle selfsug en eie belang weeg swaarder.  <\/p>\n\n\n\n<p>Jesus gebruik hierdie geleentheid om \u0149 kosbare les te leer. Toe Hy \u0149 kindjie nader roep was hulle beslis verbaas en verontwaardig.  Het Jesus dan nie begrip vir hul stryd en kwelvraag nie? Sy antwoord is op die man af en vol gesag. \u201cDit verseker Ek julle.\u201d Hulle het hierdie einste woorde al meer male gehoor wanneer Jesus iets aangekondig het waarvan die uitkoms nie verander kan word nie.  Hulle hoor dat hulle glad nie belangrik genoeg vir die koninkryk van die hemel is nie.  Met rooi gesigte dink hulle aan hul vraag oor wie die belangrikste in die koninkryk van die hemel is. <\/p>\n\n\n\n<p>Hulle moet verander en soos kindertjies word.  Die spreekwoord dat kinders gesien en nie gehoor moet word nie was destyds nog meer van toepassing. Die woordjie wat vir \u201ckindertjies\u201d gebruik is, het kinders onder die ouderdom van twaalf aangedui. \u201cLaerskool kinders.\u201d  Kinders wat nog soveel moet leer. Kinders wat nog soveel ervaring kortkom. Kinders wat destyds nog nie eens by die tempel toegelaat is nie.  Ja, hulle is die belangrikste. So belangrik dat Jesus hulle op dieselfde vlak en posisie met Homself stel. \u201cEn wie so \u0149 kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.\u201d  Jesus leer ons dat kinders gesien en gehoor moet word. <\/p>\n\n\n\n<p>Hiermee dui Jesus aan dat ons die gesindheid van kindertjies sal openbaar.  Jong kinders vertrou elke woord van hul ouers.  Jong kinders se o\u00eb is op ouers gerig vir leiding en \u0149 veilige bestaan. Vir voedsel, klere, hoop en sekerheid.  Vir al hierdie dinge is ons o\u00eb op Jesus gerig. <\/p>\n\n\n\n<p>Daarna gaan Jesus voort om die dissipels verder te leer wie werklik belangrik is.  Hy gebruik in vers 6 die woord \u201ckleintjies\u201d teenoor die woord \u201ckindertjies\u201d in vers 3 om daarmee almal aan te dui wat deur die God se genade uitverkies is en deur God wedergebore gemaak is. As Christus met sy bloed vir jou betaal het, is jy belangrik en niemand sal dit ooit kan verander nie.  Inteendeel kan hul die ergste verwag. Dit is beter dat hulle in die diep see verdrink.  Hulle word aan God se volle oordeel onderwerp.<\/p>\n\n\n\n<p>Aan die einde van Matteus 18 kry ons die pragtige beeld waar Jesus wys dat kindertjies vir Hom belangrik is wanneer Hy sy hande op hul l\u00ea. Hiermee betoon Hy sy absolute en onvoorwaardelike liefde. <\/p>\n\n\n\n<p>In die volgende aantal dagstukkies wil ons DV gedeeltes bepeins waar God juis kindertjies gebruik het om ons meer van sy koninkryk te leer. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<br>\nPs 131<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<br>\nHere, stroop my van my eie hoogheidswaan en selfsug.  Stuur U Gees om my die gesindheid en geloof van \u0149 kind te leer en om volkome op U te vertrou.  Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<br>\n0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 18:1-9 en 13-15 Teks wat tref: Mt 18:3 Mt 18:3 \u2013 \u201cAs julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. \u201d In die warboel van gebeure pas nadat Jesus vir \u0149 tweede keer sy dood en opstanding in Matteus 17 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1698"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1698"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1698\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1714,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1698\/revisions\/1714"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1698"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1698"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1698"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}