{"id":1695,"date":"2021-06-14T08:03:10","date_gmt":"2021-06-14T06:03:10","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1695"},"modified":"2021-06-14T08:03:10","modified_gmt":"2021-06-14T06:03:10","slug":"dagstuk-14-junie-2021-toegerus-deur-die-gees-7-die-amp-van-predikant-skrifgedeelte-2-timoteus-41-9","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1695","title":{"rendered":"Dagstuk 14 Junie 2021- Toegerus deur die Gees (7) Die amp van Predikant. – Skrifgedeelte: 2 Timoteus 4:1-9"},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: 2 Timoteus 4:1-9
Vers wat tref, vers 1 en 2. \u201cEk beveel jou voor God en voor Christus Jesus wat die lewendes en die dooies sal oordeel, ek beveel jou met die oog op sy koms en sy koningskap: verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerl\u00ea, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee,\u201d<\/p>\n\n\n\n
Vanoggend maak ons klaar met ons reeks oor die toerusting deur die Heilige Gees. Wat is \u0149 predikant\/dominee?  Iemand wat net op \u0149 Sondag werk soos die bekende grappie?
\nHeel eerste moet ons verstaan dat die amp van predikant \u0149 voortsetting is van die amp van ouderling en daarom word \u0149 predikant \u0149 lerende ouderling genoem.   Ons moet nooit \u0149 dominee kerk wees nie – \u0149 gemeente waar die diens van predikant alle ander aktiwiteite oordring of oorheers.  By so \u0149 gemeente, gaan die liggaam van Christus gebrek lei, deurdat al die lidmate nie saam hulle gawes uitleef nie.<\/p>\n\n\n\n
Wat is die taak van die predikant dan?  In die Woord van die Here word vir ons die beginsels van die dienswerk gegee, alhoewel ons nie baie praktiese riglyne kry oor hoe dit gedoen moet word nie.  Die fokus is meer op wat gedoen moet word, as hoe dit gedoen moet word.  Die dagboek en taak van \u0149 predikant kan daarom baie verskil van gemeente tot gemeente, maar die beginsels bly dieselfde.
\nIn die Kerkorde word die amp van bedienaars van die Woord as volg omskryf:
\nDie amp van die bedienaars van die Woord is om in die gebede en bediening van die Woord te volhard, die sakramente te bedien, om goed ag te gee op hulle medebroeders, op die ouderlinge, op die diakens sowel as op die gemeente, en eindelik om saam met die ouderlinge die kerklike dissipline uit te oefen en te sorg dat alles betaamlik en ordelik plaasvind.<\/p>\n\n\n\n
In 2 Timoteus word die dringendheid waarmee hierdie opdrag uitgevoer moet word beklemtoon.  Christus is Koning en Regter en Hy kom weer om te oordeel.  Die tyd is min, die werk is baie en daar is baie aanvalle en teenstand teen die verkondiging van die Woord. <\/p>\n\n\n\n
Bid ook onophoudelik vir ons predikante wat die Woord en gesag van Christus moet bedien.  Bid dat hulle altyd die nabyheid van die Heilige Gees sal beleef en met vrymoedigheid die Woord kan verkondig en bly by die waarheid van die evangelie.<\/p>\n\n\n\n
Gebed.
\nDankie Here dat u predikante skenk vir ons gemeente om te kan volhard in die bediening van die U Woord.  Skenk aan hulle die wysheid en die krag om U gemeente toe te rus, sodat u gemeente kan groei in die geloof en goeie werke. Mag ons saam U in alles loof en eer. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nNGB Artikel 30 en 31.
\nTitus 1.<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
\n0722729631
\nGK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: 2 Timoteus 4:1-9 Vers wat tref, vers 1 en 2. \u201cEk beveel jou voor God en voor Christus Jesus wat die lewendes en die dooies sal oordeel, ek beveel jou met die oog op sy koms en sy koningskap: verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerl\u00ea, bestraf, bemoedig deur met alle […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1695"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1695"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1695\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1696,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1695\/revisions\/1696"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1695"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1695"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1695"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}