{"id":1691,"date":"2021-06-11T09:56:00","date_gmt":"2021-06-11T07:56:00","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1691"},"modified":"2021-06-11T09:56:00","modified_gmt":"2021-06-11T07:56:00","slug":"dagstuk-11-junie-2021-toegerus-deur-die-gees-6-die-amp-van-ouderling-skrifgedeelte-handelinge-20-17-38","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1691","title":{"rendered":"Dagstuk 11 Junie 2021- Toegerus deur die Gees (6) Die amp van Ouderling. – Skrifgedeelte: Handelinge 20: 17-38."},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Handelinge 20: 17-38.
Vers wat tref, Handelinge 20:28 \u201cPas julle self op en die hele kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg gestel het. Soos wagters ‘n kudde versorg, so moet julle die gemeente van God versorg wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun.\u201d <\/p>\n\n\n\n
Wat is \u0149 ouderling?  Iemand wat gou voor Nagmaal kom kuier en praat oor die weer en politiek, \u0149 stukkie lees en oor drie maande weer kom?<\/p>\n\n\n\n
Christus het ons losgekoop deur Sy bloed en beskerm en regeer Sy kerk.  Christus gee om vir Sy bruid en pas die bruid baie mooi op.  Daarom gee die Here ouderlinge om die hele kudde op te pas.
\nIn besonder word die ouderlinge van Efese hieraan herinner deur Paulus se besoek in Handelinge 20.
\nDie ouderlinge moet die kudde oppas wat die Heilige Gees onder hulle sorg gestel het.
\nAmpsdraers word deur die Here self gegee vir sy gemeente.  Elke ouderling moet besef hoe groot verantwoordelikheid is hierdie roeping en taak wat vanaf die Here kom.<\/p>\n\n\n\n
Veral moet ouderlinge waaksaam wees teenoor die wrede wolwe wat onder ons wil indring en leuens vertel.  Ouderlinge moet toesig hou dat die evangelie suiwer verkondig word in die gemeente en self ook die evangelie verkondig saam met die predikante. In die bevestigingsformulier word dit uitgelig dat ouderlinge geroep word om die gemeente te regeer en te versorg deur die Woord van God. <\/p>\n\n\n\n
\u0149 Besonderse belangrike, maar ook moeilike taak.  Daarom herinner Paulus die ampsdraers van Efese dat hulle nie self in staat is om die gemeente op te bou nie. Slegs die Here kan dit doen. Ampsdraers het ‘n belangrike en verantwoordelike taak, maar die gemeente bly die Here se eiendom.  Die Here gebruik mense. Maar dit bly Sy saak. Die Here sorg vir sy gemeente.<\/p>\n\n\n\n
Bid vir die ouderlinge van ons gemeente en dat die Here ampsdraers sal voorsien om Sy gemeente op te bou en te regeer.<\/p>\n\n\n\n
Gebed.
\nDankie Here dat U persone toerus met U Heilige Gees om in besonder as ouderlinge te dien.  Skenk aan ons ouderlinge die wysheid en die krag om U gemeente te versorg en te regeer. Mag ons saam U in alles loof en eer. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nNGB Artikel 31.
\n1 Petrus 5:1-4.<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
\n0722729631
\nGK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Handelinge 20: 17-38. Vers wat tref, Handelinge 20:28 \u201cPas julle self op en die hele kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg gestel het. Soos wagters ‘n kudde versorg, so moet julle die gemeente van God versorg wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun.\u201d Wat is \u0149 […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1691"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1691"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1691\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1692,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1691\/revisions\/1692"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1691"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1691"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1691"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}