{"id":1689,"date":"2021-06-09T08:57:44","date_gmt":"2021-06-09T06:57:44","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1689"},"modified":"2021-06-09T08:57:44","modified_gmt":"2021-06-09T06:57:44","slug":"dagstuk-9-junie-2021-toegerus-deur-die-gees-5-die-amp-van-diaken-skrifgedeelte-handelinge-61-8","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1689","title":{"rendered":"Dagstuk 9 Junie 2021- Toegerus deur die Gees (5) Die amp van Diaken.- Skrifgedeelte: Handelinge 6:1-8."},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Handelinge 6:1-8.
Vers wat tref, Handelinge 6:5 \u201cDie voorstel het by al die gelowiges byval gevind, en hulle het Stefanus gekies, ‘n man met ‘n vaste geloof en vol van die Heilige Gees, en verder Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas, en Nikolaus wat van Antiogi\u00eb afkomstig was en vantevore uit die heidendom tot die Jodedom oorgegaan het.\u201d <\/p>\n\n\n\n
Ons staan bietjie stil by die besonderse ampte wat die Here vir sy kerk gee, naamlik diaken, ouderling en predikant.
\nPartykeer bestaan daar \u0149 persepsie dat die diaken amp nie so belangrik is nie, dat dit die persone is wat die kollekte sakkie omstuur.  As ons kyk na die diaken amp dan kan dit nie verder van die waarheid af wees nie en moet ons nooit die een amp belangriker of bo \u0149 ander plaas nie.<\/p>\n\n\n\n
In Handelinge 6 kry ons die verkiesing van die eerste diakens.  Die onderlinge liefdesdiens het skade gelei en die apostels kon nie die verkondiging van die woord verwaarloos om aan die versorging aandag te gee nie.  Persone is gekies om te help met die onderlinge versorging en liefdesdiens in die gemeente.  \u0149 Gemeente moenie net die waarheid van die evangelie verkondig nie, maar moet by die waarheid in liefde bly.  Onderling met die liefde van Christus sigbaar uitgeleef word.
\nHiervoor was persone nodig wat vol van die Heilige Gees is en wysheid het om hierdie taak te kon doen.  Net so moet ons vandag persone as diakens beroep wat vol van die Heilige Gees is en \u0149 vaste geloof het.
\nDan sal hulle werklik kan dien (diaken beteken dienaar) en veral die fokus van priesterskap in die gemeente uitleef. Diakens help dan ook om ander in die gemeente toe te rus.
\nDaarom is ons nie \u0149 gemeente waar lidmate net \u0149 nommer is nie.  Ons is \u0149 gemeente waar ons mekaar ken en mekaar se laste dra, want hoe kan jy iemand liefh\u00ea as jy hulle nie ken nie?  Hoe kan jy iemand help as jy nie hulle nood ken nie?<\/p>\n\n\n\n
Laat ons met vrymoedigheid mekaar liefh\u00ea en ons diakens se hande sterk maak.  Mag ons groei in ons liefde vir die Here ons God!<\/p>\n\n\n\n
Gebed.
\nDankie Here dat u persone toerus met U Heilige Gees om in besonder as diakens te dien.  Skenk aan ons diakens die krag om met wysheid ander toe te rus om te groei in ons liefde vir U en mekaar. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\n1 Timoteus 3:8-13<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
\n0722729631
\nGK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Handelinge 6:1-8. Vers wat tref, Handelinge 6:5 \u201cDie voorstel het by al die gelowiges byval gevind, en hulle het Stefanus gekies, ‘n man met ‘n vaste geloof en vol van die Heilige Gees, en verder Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas, en Nikolaus wat van Antiogi\u00eb afkomstig was en vantevore uit die heidendom tot die […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1689"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1689"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1689\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1690,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1689\/revisions\/1690"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1689"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1689"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1689"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}