{"id":1675,"date":"2021-06-02T06:59:08","date_gmt":"2021-06-02T04:59:08","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1675"},"modified":"2021-06-02T06:59:08","modified_gmt":"2021-06-02T04:59:08","slug":"dagstuk-2-junie-2021-toegerus-deur-die-gees-2-ek-is-n-profeet-skrifgedeelte-jeremia-14-8","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1675","title":{"rendered":"Dagstuk 2 Junie 2021- Toegerus deur die Gees (2) Ek is \u2018n profeet. – Skrifgedeelte: Jeremia 1:4-8."},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Jeremia 1:4-8.
Vers wat tref, vers 7  \u201cToe s\u00ea die Here vir my: Jy moenie s\u00ea: \u201cEk is te jonk\u201d nie.
Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te s\u00ea, moet jy s\u00ea.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Wat is \u0149 profeet? \u0149 Profeet is iemand wat deur God geroep is om sy wil en woord aan ander persone bekend te maak.
\nIn Jeremia 1word vir ons bekend gemaak die spesifieke roeping van een persoon, maar in Matteus 28:19-20 en Handelinge 1:8 word die opdrag aan alle volgelinge van die Here gegee om te getuig en dissipels te maak.
\nAs profete moet ons skaamteloos die enigste redding wat daar is deur die evangelie van verlossing in Jesus Christus, aan alle mense verkondig.  Ons moenie skaam wees of huiwer om dit te doen nie- nie bang te wees vir die w\u00eareld nie.<\/p>\n\n\n\n
Elkeen van ons is geroep om God se wil en sy karakter bekend te maak aan ander.  Die Heilige Gees rus ons toe om oral te getuig- by ons werk, by ons vriende, by ons familie, by die sportveld, orals waar ons gaan.  Altyd en orals!
\nIs hierdie opdrag dan net vir kerke en predikante moet uitgaan om dit te doen?  Evangelisasie kan deur die kerk op \u0149 georganiseerder wyse plaasvind met sendelinge wat vir hierdie taak uitgestuur word soos Di. Johannes, Rajesh en Eric.
\nOns moet dit egter ook op \u0149 daaglikse wyse deelmaak van my lewe.  Daarom is dit belangrik dat ons God alleen openbaar soos wat Hy homself in sy woord aan ons bekend maak.  Dit is noodsaaklik dat die Woord van God moet lees en bestudeer.<\/p>\n\n\n\n
Moenie skaam wees nie, moenie s\u00ea ek is nog te jonk of te oud of ek kan nie goed praat nie.  Die Here stuur ons, Hy rus ons toe deur die Heilige Gees en gee aan ons die woorde wat ons aan ander moet vertel.<\/p>\n\n\n\n
Wees \u0149 profeet van die Here vandag!<\/p>\n\n\n\n
Gebed.
\nHere God.  Dankie dat ons U mag ken.  Lei ons ook om met gewillige voete die wonderlike evangelie van Jesus Christus te verkondig. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nMatteus 28:16-20.<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
\n0722729631
\nGK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Jeremia 1:4-8. Vers wat tref, vers 7 \u201cToe s\u00ea die Here vir my: Jy moenie s\u00ea: \u201cEk is te jonk\u201d nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te s\u00ea, moet jy s\u00ea.\u201d Wat is \u0149 profeet? \u0149 Profeet is iemand wat deur […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1675"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1675"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1675\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1676,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1675\/revisions\/1676"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1675"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1675"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1675"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}