{"id":1668,"date":"2021-05-31T09:40:30","date_gmt":"2021-05-31T07:40:30","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1668"},"modified":"2021-05-31T09:40:30","modified_gmt":"2021-05-31T07:40:30","slug":"dagstuk-31-mei-2021-toegerus-deur-die-gees-gesalf-met-die-heilige-gees-skrifgedeelte-1-johannes-218-27","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1668","title":{"rendered":"Dagstuk 31 Mei 2021- Toegerus deur die Gees – Gesalf met die Heilige Gees. – Skrifgedeelte: 1 Johannes 2:18-27"},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: 1 Johannes 2:18-27
Vers wat tref, vers 20  \u201cMaar julle is deur die Heilige Gees gesalf, en julle almal weet dit.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Wat beteken dit as iemand gesalf is?  In die Ou Testament sien ons dat profete (1 Kon. 19:16), priesters (Eks. 30:30) en konings (1 Sam. 10:1; 16:12,13) gesalf is met ‘n reukolie wat nie net op die kop geplaas is van \u0149 persoon nie, maar afloop oor die persoon se hele lyf.  Salwing het 3 betekenisse.<\/p>\n\n\n\n

Uitverkiesing en afsondering.  In die eerste plek dui die salwing van \u0149 persoon op uitverkiesing.  Dit is die Here wat \u0149 persoon kies en uitsonder vir \u0149 bepaalde opdrag.<\/li>
Toerusting en bekwaamheid. Deur die salwing verseker die Here die betrokke persoon dat Hy aan hom die gawes en bekwaamheid sal gee om sy taak te kan uitvoer.  Die Here roep en rus toe!<\/li>
Sending opdrag. \u0149 Persoon wat gesalf is, word deur God gestuur vir \u0149 bepaalde opdrag en taak wat die persoon moet vervul.  Al hierdie opdragte het ten doel om aan ander persone God se wil bekend te maak sodat ander ook die Here reg kan dien en eer en verheerlik.<\/li><\/ol>\n\n\n\n
In 2 Johannes word ons herinner maar ons is gesalf.  Nie met olie nie maar met die Heilige Gees.  Daarom word ons herinner dat die Here ons uitverkies het om \u0149 taak in die w\u00eareld te vervul.  Hy rus ons toe deur die Heilige Gees om hierdie taak te kan uitvoer.  Ons word veral toegerus deur Woord van die Here met prediking, Bybelstudie en katkisasie.  Ons word duidelik uitgestuur om daadwerklik profete, priesters en konings te wees wat die evangelie van Jesus Christus te verkondig.
\nOns ken die waarheid van die evangelie.  Daarom is dit belangrik dat elkeen hul lig laat skyn in \u0149 w\u00eareld vol antichriste. Ons moet in Christus bly en bly by alles wat Hy vir ons geleer het. Deur die salwing van die Heilige Gees is daar aan elke gelowige hierdie opdrag gegee en ons moet dit uitleef en God se waarheid getuig.  Dit beteken dat ons self ook moet bekeer en leef soos persone wat van sonde verlos is en op te bou volgens God se woord en dit wat goed is.<\/p>\n\n\n\n
Leef vandag as \u0149 gesalfde deur die Heilige Gees.<\/p>\n\n\n\n
Gebed.
\nOns Vader wat in die hemel is.  Dankie dat U my roep en salf met U Heilige Gees sodat ek tot U eer my roeping kan uitleef.  Ek bid dit in die naam van Jesus Christus.
\nAmen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nHeidelbergse Kategismus Sondag 12.
\nDanie Potgieter
\n0722729631
\nGK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: 1 Johannes 2:18-27 Vers wat tref, vers 20 \u201cMaar julle is deur die Heilige Gees gesalf, en julle almal weet dit.\u201d Wat beteken dit as iemand gesalf is? In die Ou Testament sien ons dat profete (1 Kon. 19:16), priesters (Eks. 30:30) en konings (1 Sam. 10:1; 16:12,13) gesalf is met ‘n reukolie wat […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1668"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1668"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1668\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1669,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1668\/revisions\/1669"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1668"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1668"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1668"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}