{"id":1663,"date":"2021-05-28T07:20:04","date_gmt":"2021-05-28T05:20:04","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1663"},"modified":"2021-05-28T07:20:04","modified_gmt":"2021-05-28T05:20:04","slug":"dagstuk-28-mei-2021-ons-lewe-deur-die-gees-9-selfbeheersing-skrifgedeelte-gal-513-26","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1663","title":{"rendered":"Dagstuk 28 Mei 2021 \u2013  Ons lewe deur die Gees (9) Selfbeheersing &#8211; Skrifgedeelte: Gal 5:13-26"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gal 5:13-26\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Gal 5:22<\/p>\n\n\n\n<p>Gal 5:22 &#8211;&nbsp; \u201cDie vrug van die Gees daarteenoor\nis&#8230;&#8230;&#8230;. selfbeheersing.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Selfbeheersing\nis nie iets wat natuurlik kom nie. Dit is die vermoe\u00eb om ons gedrag te beheer.\nOm egter van die &#8220;eie ek&#8221; te verwag om homself te beheer is een van\ndie moeilikste take om te verrig. Dit kan alleen gebeur wanneer die Gees van\nGod in ons regeer. Dit wys dat ek aan Jesus Christus behoort. God se volle\ngenade word gesien in die optrede van die mens wat met selfbeheersing\nlewe.&nbsp;&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>God\nweet dat die mens van nature sonde doen. Selfbeheersing as vrug van die Gees\nword nie met \u0149 eienskap van God vergelyk nie.&nbsp; God het geskape en is in\nBeheer van alles. God is in sy wese sonder sonde. Goedheid, getrouheid, liefde\nen vrede as vrug van die Gees beskryf God se karakter.&nbsp; Ons lees in 1 Jh\n1:5 \u2013\u201cGod is lig, en geen duisternis is in Hom nie.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>In\nGal 5:19 word die praktyke van die sondige natuur genoem (onsedelikheid,\nlosbandigheid, haat, uitspattigheid en al derglike dinge) sodat die mens\nduidelikheid sal h\u00ea dat selfbeheersing vir elke lewensterrein geld. <\/p>\n\n\n\n<p>Selfbeheersing beteken in wese niks anders as dat ek aan\nGod gehoorsaam is nie. Ek leef in die gebaande we\u00eb wat God in sy Wet\nbeveel.&nbsp; Ek onderwerp my aan God se gesag.&nbsp; Ek maak doelbewuste\nkeuses om sekere gedrag te verander. Selfbeheersing het ten doel om harmonie en\nvrede te bewerkstellig.&nbsp; As Geesvervulde mens beteken selfbeheersing dat\nek my gewoontes en gebruike diensbaar maak. Van my word verwag om sekere dinge\nprys te gee. Ons moet hier baie prakties dink en selfbeheersing toepas as dit\ngaan oor my lewenstyl, verhoudinge, eetgewoontes, humeur en naasteliefde.&nbsp;\nEk laat die Gees toe om my lewe te beheer.&nbsp; Ek let op die manier hoe ek\nmet&nbsp; my geliefdes praat, ek kies my woorde sorgvuldig wanneer ek kwaad\nword en ek vergryp my nie aan kos, drank en ander dinge nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die Grieks vir selfbeheersing is: gematig, inskiklik, om\njou nie deur jou woede en drifte te laat meesleur nie. In 2 Tim 1:7 lees ons &#8211;\n&#8220;God het ons nie &#8216;n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en\nliefde en selfbeheersing!&#8221;&nbsp; Uit genade skenk God skenk aan ons \u0149 nuwe\nlewe. Ek leer om my oog op Christus te hou en my hoop in Hom te vestig.&nbsp;\nDan verander my lewe en soek ek God se koninkryk en dien ek die belange van my\nnaaste. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>1 Pt 3:8-12<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, ek raak so maklik buite beheer en kan soms nie\nkeer.&nbsp; Dankie dat U Woord my die regte pad leer en dat U Gees my\nbewaar.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235 <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gal 5:13-26\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Gal 5:22 Gal 5:22 &#8211;&nbsp; \u201cDie vrug van die Gees daarteenoor is&#8230;&#8230;&#8230;. selfbeheersing.\u201d Selfbeheersing is nie iets wat natuurlik kom nie. Dit is die vermoe\u00eb om ons gedrag te beheer. Om egter van die &#8220;eie ek&#8221; te verwag om homself te beheer is een van die moeilikste take om [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1663"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1663"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1663\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1664,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1663\/revisions\/1664"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1663"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1663"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1663"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}