{"id":1649,"date":"2021-05-24T06:58:46","date_gmt":"2021-05-24T04:58:46","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1649"},"modified":"2021-05-24T06:58:46","modified_gmt":"2021-05-24T04:58:46","slug":"dagstuk-24-mei-2021-ons-lewe-deur-die-gees-7-getrouheid-skrifgedeelte-gal-522-en-psalm-15","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1649","title":{"rendered":"Dagstuk 24 Mei 2021 \u2013  Ons lewe deur die Gees (7) Getrouheid &#8211; Skrifgedeelte: Gal 5:22 en Psalm 15"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gal 5:22 en Psalm 15\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Gal 5:22<\/p>\n\n\n\n<p>Gal\n5:22 &#8211;&nbsp; \u201cDie vrug van die Gees daarteenoor is&#8230;&#8230;&#8230;. getrouheid.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In die hedendaagse samelewing kom daar min van getrouheid\ntereg. Beloftes word gemaak en\nnie nagekom nie. &nbsp;Afsprake wat gemaak word en nie nagekom word nie.\nGetrouheid beteken dat jy&nbsp; betroubaar is, lojaal is, dat mens op jou kan\nstaat maak en dat jy jou woord hou. Alles eerbare eienskappe wat ons almal\ngraag sal wil vertoon. Ideale omstandighede vir enige samelewing sonder enige\nkorrupsie, wandade en vergrype.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Om getrou te wees, is nie in die wese van die mens\nopgesluit nie. Om te verseker dat elkeen se ja, \u201cja\u201d is en nee, \u201cnee\u201d is, moet\nons by God begin. Die Naam waarmee God Homself aan Moses in Eks 3:14&nbsp; en\ndie Israeliete bekendgemaak het, bevestig dit: \u201cJahwe\u201d &#8211;&nbsp; Ek is wat Ek is.\nEk is altyd dieselfde. Ek verander nie. Ek doen wat Ek belowe het. Getrouheid\nis in die Bybel verbind met die gedagte van onwankelbaarheid, vastigheid en\nsekerheid. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>In Psalm 89 stel Etan ons aan verskillende fasette van\nGod se trou bekend. In vers 3 skryf hy dat God se trou in die hemel en op die\naarde is en dat dit nooit wankel nie. God se trou verander nooit\nnie.&nbsp;&nbsp; In vers 9 en 14 leer ons dat God in sy wese trou is en altyd\ntrou bly. Hy is die getrouheid self. God se trou word in vers 29 met sy verbond\nverbind waarvolgens ek die sekerheid het dat God my nooit sal vergeet\nnie.&nbsp; In Christus is hierdie verbond bese\u00ebl sodat ek sekerheid en troos\nkan h\u00ea. God se trou kom tot volle uitdrukking in Jesus Christus. <\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer ek my optrede aan God se standaarde meet besef ek\ndat die mens ver te kort skiet. In Psalm 15 beskryf Dawid die leefwyse van\niemand wat betroubaar is.&nbsp; Aan die getroues word toegang tot die Here se\nwoonplek gegee.&nbsp; Leef daarom onberispelik, praat met jou hele hart die\nwaarheid, moenie jou medemens kwaad aandoen nie, moenie iemand beledig nie en\nmoenie jou naaste te kort doen nie.&nbsp; Om getrou te wees beteken dat ek God\nse standaarde op elke lewensterrein sal toepas, en nie net wanneer iemand my\nraaksien nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is maklik om voor te gee en agteraf te konkel, maar\nGod verwag van ons om om sy Wet en voorskrifte te gehoorsaam. Dan sal jy nooit\nwankel nie (Ps 15:5b)&nbsp; Wie in die kleinste getrou is, sal met die grootste\nbeloon word.&nbsp; Ondersoek jou doen en late, bedink jou manier van besigheid\ndoen en besin oor jou woorde,&nbsp; sodat jou lewe deur die Gees beheers word\nen die vrug van getrouheid vertoon. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 89<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, vergeef my\nhoogmoed en ontrou. Versterk my hart, hande en verstand sodat my optrede u\newige trou sal bevestig. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235 <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gal 5:22 en Psalm 15\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Gal 5:22 Gal 5:22 &#8211;&nbsp; \u201cDie vrug van die Gees daarteenoor is&#8230;&#8230;&#8230;. getrouheid.\u201d In die hedendaagse samelewing kom daar min van getrouheid tereg. Beloftes word gemaak en nie nagekom nie. &nbsp;Afsprake wat gemaak word en nie nagekom word nie. Getrouheid beteken dat jy&nbsp; betroubaar is, lojaal [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1649"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1649"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1649\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1650,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1649\/revisions\/1650"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1649"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1649"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1649"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}