{"id":1642,"date":"2021-05-19T10:03:05","date_gmt":"2021-05-19T08:03:05","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1642"},"modified":"2021-05-19T10:03:05","modified_gmt":"2021-05-19T08:03:05","slug":"dagstuk-19-mei-2021-ons-lewe-deur-die-gees-5-vriendelikheid-skrifgedeelte-lukas-1025-37","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1642","title":{"rendered":"Dagstuk 19 Mei 2021- Ons lewe deur die Gees (5) Vriendelikheid. – Skrifgedeelte: Lukas 10:25-37"},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Lukas 10:25-37
Vers wat tref:33-34.<\/p>\n\n\n\n
Vriendelikheid!
\nWat beteken vriendelikheid vir jou?  Is dit \u0149 glimlag as jy verby iemand stap?  Gereeld hoor ek die uitdrukking vriendelikheid is verniet, kon die persoon dan nie meer vriendelik wees nie?<\/p>\n\n\n\n
Dalk kan ons almal doen met meer vriendelikheid in ons lewens.  Meer vriendelik wees teenoor ander en wanneer ander met ons vriendelik is dan voel ons dag sommer baie beter.<\/p>\n\n\n\n
Maar die Griekse woord wat hier gebruik word vir vriendelikheid is soveel meer as om net \u0149 glimlag vir iemand te gee. Meeste ander dele word hierdie woord vertaal met goedheid. (bv. Kol. 3:12).  Hierdie woord word ook gebruik vir God se optrede teenoor ons deurdat God goedheid aan ons bewys het (Titus 3:4 en Romeine 2:4).  Die vriendelikheid waarna hier verwys word in Galasi\u00ebrs 5:22-23 het die betekenis dat jy iets goed vir iemand anders doen.<\/p>\n\n\n\n
Hoe kan jy goed aan ander doen in jou lewe vandag?  In die gelykenis van die barmhartige Samaritaan sien ons veral die betekenis van vriendelikheid.  Dit was meer as net om verby iemand te loop in nood en vriendelik met hom te wees.  Nee, die Samaritaan het gestop en goed gedoen aan die man wat nood gehad het.  Goedheid is daarom nie \u0149 emosie wat ons beleef nie, maar \u0149 optrede wat ons uitleef omdat dit gesetel is in die liefde wat God vir ons het.  God het Sy goedheid aan ons bewys.  God gee vir jou om en help vir jou.  Daarom kan ons ander help en goed wees vir hulle.  Vriendelikheid mag verniet wees, dit kos niks om \u0149 glimlag vir iemand te gee nie.  Maar om goed te doen aan ander is nie altyd verniet nie- dit vra van ons om raak te sien en nie net verby te stap nie.  Dit vra van ons om ons tyd te gee en ons hande vuil te maak.  Dit vra van ons om ons geld en middele met ander te deel.<\/p>\n\n\n\n
Hoe gaan jy goedheid aan ander uitleef vandag?<\/p>\n\n\n\n
Gebed.
\nHere, dankie dat U U goedheid aan ons bewys het, nie op grond van wat ons gedoen het nie, maar op grond van U ontferming- deurdat ons skoongewas is deur die bloed van Christus en vernuwe is deur U Heilige Gees. Help my om ook aan ander goedheid te bewys.
\nAmen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nTitus 3:1-11.<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
\n0722729631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Lukas 10:25-37 Vers wat tref:33-34. Vriendelikheid! Wat beteken vriendelikheid vir jou? Is dit \u0149 glimlag as jy verby iemand stap? Gereeld hoor ek die uitdrukking vriendelikheid is verniet, kon die persoon dan nie meer vriendelik wees nie? Dalk kan ons almal doen met meer vriendelikheid in ons lewens. Meer vriendelik wees teenoor ander en […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1642"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1642"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1642\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1643,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1642\/revisions\/1643"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1642"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1642"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1642"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}