{"id":1636,"date":"2021-05-14T06:28:22","date_gmt":"2021-05-14T04:28:22","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1636"},"modified":"2021-05-14T06:28:22","modified_gmt":"2021-05-14T04:28:22","slug":"dagstuk-14-mei-2021-ons-lewe-deur-die-gees-3-vrede-skrifgedeelte-gal-522-en-lk-101-6","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1636","title":{"rendered":"Dagstuk 14 Mei 2021 \u2013  Ons lewe deur die Gees (3) Vrede &#8211; Skrifgedeelte: Gal 5:22 en Lk 10:1-6"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gal 5:22 en Lk 10:1-6\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Lk 10:5<\/p>\n\n\n\n<p>Lk 10:5: \u201cAs julle in \u0149 huis kom, moet julle eerste\nwoorde wees \u2013 Vrede vir hierdie huis\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Na elke nuusberig lyk dit onmoontlik dat daar ooit vrede\nsal wees.&nbsp; Elke berig vertel van oorlog, vervolging en vernietiging.&nbsp;\nDie mens se lewe is niks werd nie.&nbsp; En wanneer daar pogings aangewend word\nom te verseker dat vrede wel moontlik is, word dit met terreuraanvalle&nbsp; en\ngeweldsmisdade verdring.&nbsp; Sal ons in Suid-Afrika vrede kan h\u00ea as\nplaasmoorde en aanvalle op&nbsp; weerlose mense voortduur? Hierdie\nomstandighede en die spanning wat in huise ontstaan, laat min vooruitsigte vir\n\u0149 vredevolle bestaan.<\/p>\n\n\n\n<p>Alvorens ons kan verstaan waarom ons lewe vrede moet\nvertoon, moet ons allereers weet wat met vrede bedoel word.&nbsp; Is dit bloot\nnet \u0149 situasie sonder oorlog, konflik en spanning?&nbsp; As die teenwoordigheid\nvan vrede van die mens se optrede afhang sal ons dit nooit bereik nie. Dink\nmaar net aan jou optrede tydens \u0149 geskil. Niemand gee graag toe nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Vrede word eers reg verstaan as ek besef dat my optrede\nmy verhouding met die Here beskryf.&nbsp; Daar is net harmonie as my optrede\naltyd God se eer soek.&nbsp; Vrede kan ook vertaal word met die woord guns. My\noptrede moet in ooreenstemming met God se wil wees. Vrede is veel meer as die\nafwesigheid van oorlog.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Eers wanneer die Heilige Gees in my woon sodat ek God se\nliefde en genade beleef en verstaan kan ek \u0149 vredemaker wees.&nbsp; Eers\nwanneer ek bely dat Jesus met sy kruisdood en opstanding my verhouding met God\nherstel het besef ek dat vrede beteken dat ek met God versoen is.&nbsp; Die\nsonde bestaan nie meer nie.&nbsp; Die vyand is platgeslaan. Die stryd is deur\nJesus gewen. Ek is nou kind van God en nie meer vyand nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die ho\u00eb premie wat op vredemakers geplaas word, dui\ndaarop dat God my kosbaar ag.&nbsp; Christus het as Oorwinnaar uit die stryd\ngetree sodat ek die volle troos en versorging van my Vader kan beleef.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Op grond daarvan word ek nou geroep om die versoening\nverder uit te dra. Ons is nie geroep om net op aarde geskille by te l\u00ea nie,\nmaar om te verseker dat God se liefde verkondig word.&nbsp; Vrede beteken nie\ndat ek alles maar gelate sal aanvaar nie en maar net niks doen \u201cter wille van\nvrede nie\u201d. <\/p>\n\n\n\n<p>Om \u0149 kind van God genoem te word, is troosvol en bring\nvrede.&nbsp; Gebruik elke geleenthede om God se vrede oral te proklameer.&nbsp;\nSoms sal dit nodig wees om in \u0149 geveg betrokke te raak. Soms sal ek my lewe op\ndie spel moet plaas.&nbsp; Maak seker dat God se eer altyd beskerm word.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Mt 5<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, leer my om so op te tree\ndat ek U eer soek. Vader, skenk aan ons vrede om in hierdie bose w\u00eareld staande\nte kan bly. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235 <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gal 5:22 en Lk 10:1-6\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Lk 10:5 Lk 10:5: \u201cAs julle in \u0149 huis kom, moet julle eerste woorde wees \u2013 Vrede vir hierdie huis\u201d Na elke nuusberig lyk dit onmoontlik dat daar ooit vrede sal wees.&nbsp; Elke berig vertel van oorlog, vervolging en vernietiging.&nbsp; Die mens se lewe is niks [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1636"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1636"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1636\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1637,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1636\/revisions\/1637"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1636"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1636"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1636"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}