{"id":1634,"date":"2021-05-12T06:55:04","date_gmt":"2021-05-12T04:55:04","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1634"},"modified":"2021-05-12T06:55:04","modified_gmt":"2021-05-12T04:55:04","slug":"dagstuk-12-mei-2021-ons-lewe-deur-die-gees-2-vreugde-skrifgedeelte-gal-522-en-sefanja-314-20","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1634","title":{"rendered":"Dagstuk 12 Mei 2021 \u2013  Ons lewe deur die Gees (2) Vreugde &#8211; Skrifgedeelte: Gal 5:22 en Sefanja 3:14-20"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gal 5:22 en Sefanja 3:14-20\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Sef 3:17<\/p>\n\n\n\n<p>Sef 3:17: \u201cDie Here jou God is by jou.&nbsp; Hy is vol\nvreugde oor jou. Hy jubel en juig oor jou.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>God het ons geskep\nom Hom te verheerlik. Dit is ons as mens se belangrikste taak op aarde. Dit\nlaat ons besef dat vreugde nie aan \u2018n spesifieke gebeurtenis gekoppel is nie,\nmaar van God kom. Deur God se genade behoort ons aan Jesus Christus. Daarom\nskryf Paulus dat ons deur die Gees lewe en dat ons optrede hierdie karaktertrek\nvertoon.&nbsp; . Vreugde weerspie\u00ebl die dinge wat in my hart leef.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ons het die\nverantwoordelikheid om met die vrug van die Gees \u0149 verskil te maak in die\nw\u00eareld waarin ons leef.&nbsp; Vreugde stroop my van \u0149 selfgesentreerde lewe na\n\u0149 lewe waarin ek al Christus se eienskappe vertoon. Ek dra die geluk en die\nwelstand van ander op die hart. \u0149 Hart wat oorloop van vreugde laat al die\ndonker wolke verdwyn.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In Sefanja 3:14-17\nword die volk opgeroep om te sing en te juig. Die Koning van Israel is vol\nvreugde oor die volk.&nbsp; \u0149 Vreugdevolle hart maak stil-tevrede. Vreugde laat\ndie hande wat moedeloos hang verdwyn en vervang dit met \u0149 belewenis dat die\nHere by jou is.&nbsp; My vreugde word volkome as die Here die volk verseker dat\nHy oor hulle jubel en juig.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Vreugde bring \u0149\nverandering op alle terreine. Met alles wat ek is, moet ek vrolik en bly wees.\nIn Christus gee God aan ons verlossing en redding.&nbsp; Hy laat ons vyande\npadgee. Hy laat rampe verdwyn. Die diepste vreugde wat ek kan geniet is daardie\nwete dat die Here by my is.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hiermee is die\nw\u00eareld nie tevrede nie. Oral is die duiwel besig om ons vreugde te steel deur\nleuens te verkondig. Die duiwel plant die saad van onsekerheid en twyfel sodat\nons geen vreugde sal geniet nie. Daarom waak ek teen woede uitbarstings,&nbsp;\n\u0149 opvlie\u00ebnde humeur en selfgerigtheid sodat ek nie deur my optrede ander se\nvreugde van hul ontneem nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer die Heilige\nGees my lewe beheers verseker Christus my van die ewige vreugde om met sy\nwederkoms die ewige lewe in te gaan. Werklike vreugde breek finaal aan wanneer\ndie Here ons lot verander en ons dit met ons eie o\u00eb sien.&nbsp; (Sef 3:20)<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 16<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, baie dankie\ndat ek my in U kan verbly.&nbsp; Dankie dat U my vyande verdryf en nie toelaat\ndat die duiwel my vreugde steel nie.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235 <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gal 5:22 en Sefanja 3:14-20\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Sef 3:17 Sef 3:17: \u201cDie Here jou God is by jou.&nbsp; Hy is vol vreugde oor jou. Hy jubel en juig oor jou.\u201d God het ons geskep om Hom te verheerlik. Dit is ons as mens se belangrikste taak op aarde. Dit laat ons besef dat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1634"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1634"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1634\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1635,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1634\/revisions\/1635"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1634"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1634"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1634"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}