{"id":1631,"date":"2021-05-10T06:54:30","date_gmt":"2021-05-10T04:54:30","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1631"},"modified":"2021-05-10T06:54:30","modified_gmt":"2021-05-10T04:54:30","slug":"dagstuk-10-mei-2021-ons-lewe-deur-die-gees-1-liefde-skrifgedeelte-gal-522-25-en-1-kor-134-7","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1631","title":{"rendered":"Dagstuk 10 Mei 2021 \u2013  Ons lewe deur die Gees (1) Liefde &#8211; Skrifgedeelte: Gal 5:22-25 en 1 Kor 13:4-7"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gal 5:22-25 en 1 Kor 13:4-7\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Gal 5:22<\/p>\n\n\n\n<p>Gal\n5:22: \u201cDie vrug van die Gees, daarteenoor is liefde&#8230;&#8230;&#8230;..\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Nadat Paulus in die\neerste gedeelte van Galasi\u00ebrs 5 teen \u0149 \u201cEK WIL\u201d leefstyl gewaarsku het,\nbehandel hy in die laaste gedeelte van hierdie hoofstuk die ander\nteenpool.&nbsp; Ons lewe moet deur die Gees van God beheers word. Dan word\ndie&nbsp; eienskappe wat by hierdie leefwyse pas genoem. Die vrug \u2013 in enkelvoud\n\u2013 beklemtoon dat daar nie \u0149 rangorde in terme van belangrikheid bestaan nie,\nmaar dat die een eienskap tegelyk al die ander veronderstel en insluit. <\/p>\n\n\n\n<p>In 1 Kor 13\nverduidelik Paulus die werklike betekenis van liefde. Elke beskrywing bevat \u0149\nopdrag. Liefde is dade.&nbsp; Liefde veronderstel verantwoordelikheid en\nlojaliteit. Wanneer ons so na God se opdragte luister, word God verheerlik en\nons optrede teenoor ons naaste \u0149 bewys van God se liefde in ons harte.&nbsp;\nDeur geduldig en vriendelik te wees skep ek \u0149 veilige hawe vir my naaste. Deur\nnie afgunstig, grootpraterig en verwaand te wees nie, stel ek die belange van\nmy naaste voorop. <\/p>\n\n\n\n<p>Deur nie\nonwelvoeglik te handel nie betoon ek respek teenoor my naaste. Liefde soek\nnooit sy eie belang nie en weerhou ons van hoogmoed en selfsug. Dit laat my\ngevoelig bly vir die nood van ander. Deur nie liggeraak te wees nie vertoon ek\nrespek en agting vir ander. Ek leer om te vergewe wanneer ek nie boek hou van\ndie kwaad nie en my in die leed van ander verlustig nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Deur die Gees leer\nek om die waarheid te verkondig, ander nooit af te breek nie en die vertroue\nvan my naaste in te boesem. Liefde gee hoop wanneer iemand seer gekry het en\nlaastens ken liefde geen grense nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Liefde is die reaksie op die behoefte van ander mense, en is daar om ander\nmense te help. Dit is ons gehoorsaamheid aan God se liefde wat Hy aan ons bewys\nhet deur ons vry te maak.&nbsp;&nbsp;&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Waar gaan jy vandag hierdie liefde vertoon?<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>1 Pt 4<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, baie dankie\ndat U my liefhet.&nbsp; Help my om U liefde oral te vertoon. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235 <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gal 5:22-25 en 1 Kor 13:4-7\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Gal 5:22 Gal 5:22: \u201cDie vrug van die Gees, daarteenoor is liefde&#8230;&#8230;&#8230;..\u201d Nadat Paulus in die eerste gedeelte van Galasi\u00ebrs 5 teen \u0149 \u201cEK WIL\u201d leefstyl gewaarsku het, behandel hy in die laaste gedeelte van hierdie hoofstuk die ander teenpool.&nbsp; Ons lewe moet deur die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1631"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1631"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1631\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1632,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1631\/revisions\/1632"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1631"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1631"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1631"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}