{"id":1624,"date":"2021-05-07T06:28:54","date_gmt":"2021-05-07T04:28:54","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1624"},"modified":"2021-05-07T06:28:54","modified_gmt":"2021-05-07T04:28:54","slug":"dagstuk-07-mei-2021-ek-sal-skrifgedeelte-gal-61-10","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1624","title":{"rendered":"Dagstuk 07 Mei 2021 \u2013  Ek sal- Skrifgedeelte: Gal 6:1-10"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gal 6:1-10\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Gal 6:2 <\/p>\n\n\n\n<p>Gal 6:2&nbsp; \u201cDra mekaar se laste, en gee op die manier\nuitvoering aan die wet van Christus.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Terwyl ek nou nie meer doen wat ek wil nie, maar wat ek mag in\ngehoorsaamheid aan God se Gees skryf Paulus laastens oor die dinge wat\ngelowiges sal doen. Hy noem veral drie dinge:<\/p>\n\n\n\n<p>1) Dra mekaar se laste \u2013 v2<\/p>\n\n\n\n<p>2) Ondersoek jou eie doen en late \u2013 v4<\/p>\n\n\n\n<p>3) Moenie ophou om goed te doen nie \u2013 v10<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie oproep word dikwels in die Bybel herhaal. Dit beklemtoon dat ek\nnaastediens sal verrig. Om mekaar se laste te dra is baie edel en boonop \u0149\nbewys van onderlinge liefdesdiens. Dit gee praktiese uitvoering aan die optrede\nwat verwag word van iemand wat deur die Gees lewe.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die laste waarna hier verwys word, is nie beperk tot die fisiese inspanning\nom iemand se swaar vrag te help dra nie.&nbsp; Dit sluit alles in waarmee ek\nkan help om my naaste se lewe te vergemaklik en draaglik te maak.&nbsp; Om\niemand se laste te help dra beteken dat ek baie naby aan daardie persoon sal\nkom.&nbsp; Letterlik om in hul direkte teenwoordigheid te leef.&nbsp; Uiteraard\nveronderstel dit ook dat die persoon my sal vertrou om hulp te kan\nverleen.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die opdrag in Gal 6 is egter nie net beperk tot my optrede teenoor ander\nnie.&nbsp; Ek word gedwing om ook my eie doen en late te ondersoek en te bepaal\nof ek nie dalk met my optrede \u0149 las op iemand anders se skouers plaas nie.&nbsp;\n<\/p>\n\n\n\n<p>Ons word elkeen opgeroep om op die akker van die Gees te saai en met\nverwagting uit te sien na die bestemde tyd wanneer die oes ingesamel\nword.&nbsp; Intussen word van my verwag&nbsp; om goed te doen \u2013 om deur die\nGees te lewe.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>1 Jh 3:11-17<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, leer my om die nood\nvan ander raak te sien. Lei my deur U Gees om met sagmoedigheid op te tree en\nander se laste ligter te maak. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gal 6:1-10\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Gal 6:2 Gal 6:2&nbsp; \u201cDra mekaar se laste, en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus.\u201d Terwyl ek nou nie meer doen wat ek wil nie, maar wat ek mag in gehoorsaamheid aan God se Gees skryf Paulus laastens oor die dinge wat gelowiges sal doen. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1624"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1624"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1624\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1625,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1624\/revisions\/1625"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1624"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1624"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1624"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}