{"id":1619,"date":"2021-05-05T06:53:14","date_gmt":"2021-05-05T04:53:14","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1619"},"modified":"2021-05-05T06:53:14","modified_gmt":"2021-05-05T04:53:14","slug":"dagstuk-05-mei-2021-ek-mag-skrifgedeelte-gal-513-26","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1619","title":{"rendered":"Dagstuk 05 Mei 2021 \u2013  Ek mag &#8211; Skrifgedeelte: Gal 5:13-26"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gal 5:13-26\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Gal 5: 16,25<\/p>\n\n\n\n<p>Gal 5:25: \u201cOns lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook\nons gedrag bepaal.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Nadat\nPaulus in die eerste gedeelte van Galasi\u00ebrs 5 teen \u0149 \u201cEK WIL\u201d leefstyl\ngewaarsku het, behandel hy in die laaste gedeelte van hierdie hoofstuk die\nander teenpool. Christus het ons van die slawejuk van die sonde bevry en is dit\nnou gepas dat die dinge wat \u201cEK MAG\u201d doen aandag geniet.&nbsp; Dit is meer as \u0149\naantal re\u00ebls wat nagevolg moet word.&nbsp; Ons lewe moet deur die Gees van God\nbeheers word. Gehoorsaamheid aan hierdie duidelike opdrag&nbsp; sal ons bewaar\nom nie voor die begeertes van ons sondige natuur te swig nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Deur\ntwee uiterstes lynreg teenoor mekaar te stel word dit duidelik waarom ek nie\nmaar kan doen wat ek wil nie.&nbsp; Daar is \u0149 stryd tussen ons sondige natuur\n(\u201cek wil\u201d) en die optrede wat die Gees van God wil.&nbsp; Deelname aan die\nsondige praktyke sal daartoe lei dat die mens nie meer deel het aan die vryheid\nwat Christus aan die mens geskenk het nie.&nbsp; Reeds in vers 13 word dit\nduidelik dat die mens mekaar in liefde moet dien. Deur van \u0149 werkwoord (dien)\ngebruik te maak is dit duidelik dat God \u0149 bepaalde optrede verlang. <\/p>\n\n\n\n<p>Teenoor\n\u0149 lewe wat deur die Gees van God beheers word, bring die Satan \u2018n lewe wat\ngedryf word deur dit wat die mens begeer.&nbsp; Deur van teenstellings gebruik\nte maak word dit duidelik watter optrede God verlang.&nbsp; Paulus noem eers\ndie praktyke van die sondige natuur.&nbsp; Deelname hieraan ontstaan wanneer\ndie mens begeer.&nbsp; Dit is nie die bedoeling om \u0149 volledige lys van die\nsondige praktyke te gee nie. In vers 19 word alle liggaamlike (vleeslike)\nbegeertes afgewys. Paulus waarsku teen wellus. Daarna word gewaarsku teen\nbegeertes wat in ons aanbidding kan bestaan (afgodery en towery) terwyl\nbegeertes teenoor ons medemens in vers 20 en 21 aangedui word.&nbsp; Alvorens\ndie optrede wat deur die Gees van God geskenk word bespeek word, rig Paulus \u2018n\ndringende waarskuwing: \u201cWie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die\nkoninkryk van God as erfenis kry nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Daarteenoor\nword die vrug van die Gees in vers 22 beskryf.&nbsp; Teen sulke dinge het die\nwet niks nie. Dit is die dinge wat ek mag doen.&nbsp; Dit staan in skrille\nkontras teenoor die dinge wat afgewys word.&nbsp; Om te voorkom dat ons onder\nmekaar sou spog oor die hoeveelheid goeie eienskappe ek moontlik kan vertoon\nword daar na di\u00e9 optrede as die vrug \u2013 in enkelvoud \u2013 verwys. Die een eienskap\nveronderstel en sluit tegelyk al die ander in.&nbsp; Daar word \u0149 baie ho\u00eb\npremie op sodanige leefwyse geplaas. Deur God se genade het ons oorwin en het\nons die sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig.&nbsp;\nDaarom mag ek nooit verwaand wees, ander uittart of op mekaar afgunstig wees\nnie. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Nou\ndoen ek nie meer wat ek wil nie, maar wat ek mag gelei deur God se Gees. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Romeine 7 <\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, baie dankie dat U my van die sonde vrygekoop\nhet.&nbsp; Help my om U bo alles en my naaste soos myself lief te h\u00ea. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Gal 5:13-26\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Gal 5: 16,25 Gal 5:25: \u201cOns lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.\u201d Nadat Paulus in die eerste gedeelte van Galasi\u00ebrs 5 teen \u0149 \u201cEK WIL\u201d leefstyl gewaarsku het, behandel hy in die laaste gedeelte van hierdie hoofstuk die ander teenpool. Christus het ons [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1619"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1619"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1619\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1620,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1619\/revisions\/1620"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1619"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1619"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1619"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}