{"id":1533,"date":"2021-03-23T07:09:29","date_gmt":"2021-03-23T05:09:29","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1533"},"modified":"2021-03-23T07:09:29","modified_gmt":"2021-03-23T05:09:29","slug":"dagstuk-22-maart-2021-net-genoeg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1533","title":{"rendered":"Dagstuk 22 Maart 2021 \u2013 Net genoeg?"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: 2 Kor 8:1-15\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: 2 Kor 8:5,15<\/p>\n\n\n\n<p><a>2 Kor 8:5&nbsp; \u2013 \u201c&#8230;&#8230;. want eers het hulle hulself aan die Here gegee\nen toe aan ons. Dit is soos God dit wil.\u201d<\/a><\/p>\n\n\n\n<p><a>Korinte was destyds \u0149 baie florerende handelstad en die inwoners het\ngereeld met mekaar meegeding om die hoogste prys vir hul produkte te kry<\/a>. Ons vergelyk dikwels ons omstandigede met die van ander en gebruik dit as\nmaatstaf vir ons gedrag en optrede teenoor God en ons naaste.&nbsp; Dit blyk of\nPaulus dieselfde in 2 Kor 8:1 doen. Hy hou die gemeentes in Masedoni\u00eb as\nvoorbeeld aan die Korinti\u00ebrs voor.&nbsp; Maar dit is nie hulle gedrag wat hy as\nvoorbeeld gebruik nie.&nbsp; Hy fokus op die genade wat hul van God ontvang\nhet.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Waar\nPaulus reeds in 2 Kor 6 die beginsel neergel\u00ea het dat gelowiges hulle harte vir\nmekaar wyd moet oopmaak, vestig 2 Kor 8 ons aandag op die praktiese uitvoering\nhiervan. Ons noem dit die Christelike vrygewigheid.&nbsp; Desnieteenstaande\ndruk, vervolging, beproewing, armoede en swaarkry, was die gemeentes in\nMasedoni\u00eb ryk in hulle vrygewigheid en oorvloedig in hul blydskap.&nbsp; Hulle geniet\nGod se guns in elke opsig.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons\nmeet rykdom en voorspoed dikwels in terme van aardse besittings en genietinge.\nOns vergeet hoeveel vreugde God skenk sodat ons blydskap kan h\u00ea. Lees weer vers\n7 om te begryp hoeveel ons in oorvloed ontvang: \u201cgeloof, die gawe om ons woord\nte doen, kennis van God, onbeperkte ywer vir mekaar en liefde.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>Daarom\nis die hoeveelheid en mate van dit wat ek aan ander gee, ondergeskik aan die\nverhouding waarbinne ek met God lewe.&nbsp; Nou gebruik Paulus Christus se\noptrede as voorbeeld wanneer ons vergelykings wil tref.&nbsp; Christus het ter\nwille van ons arm geword sodat ons deur sy armoede ryk kan word.&nbsp; Sonder\nChristus is ons die armsaligste mense denkbaar.&nbsp; Dit wat God wil moet ons\nmaatstaf word.&nbsp; Die voorbeeld van die Masedoni\u00ebrs is hoogstens\nprysenswaardig en dien as aansporing vir ons elkeen.&nbsp; Ons moet met\ndieselfde ywer en entoesiasme as Christus liefdeswerk verrig.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie\nliefdeswerk sluit alles in.&nbsp; Daarom spoor Paulus die gemeente in 2 Kor\n8:12 aan dat die goeie wil daar moet wees.&nbsp; Dit is juis hierdie gawes wat\nGod aanneem. In stede daarvan om berekeninge te maak oor hoeveel ek moet gee,\nmoet ons na God se maatstaf luister.&nbsp; Hy verwag nie van my wat ek nie het\nnie. God is regverdig en sy opdrag beteken nie dat ek \u0149 w\u00eareldse model moet\nnavolg nie.&nbsp; Die Christelike vrygewigheid moet niemand bevoordeel nog\nbenadeel nie.&nbsp; Om my hart oop te maak beteken dat my hulpverlening en\noffervaardigheid almal gelykmatig sal bevoordeel. \u201cSo het die met baie nie te\nveel en die met net \u0149 bietjie, nie te min gehad nie. (2 Kor 8:15)\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In\nChristus is ons almal oorvloedig ryk. Leef gewillig en ywerig om God se\nliefdeswerk te doen.<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 84<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, baie dankie\ndat ek soveel genade en liefde ontvang. Lei my deur U Heilige Gees om my hart\nwyd oop te maak en U liefde te verkondig. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235 <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: 2 Kor 8:1-15\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: 2 Kor 8:5,15 2 Kor 8:5&nbsp; \u2013 \u201c&#8230;&#8230;. want eers het hulle hulself aan die Here gegee en toe aan ons. Dit is soos God dit wil.\u201d Korinte was destyds \u0149 baie florerende handelstad en die inwoners het gereeld met mekaar meegeding om die hoogste prys vir hul [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1533"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1533"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1533\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1534,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1533\/revisions\/1534"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1533"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1533"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1533"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}