{"id":1486,"date":"2021-03-05T06:56:19","date_gmt":"2021-03-05T04:56:19","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1486"},"modified":"2021-03-05T06:56:19","modified_gmt":"2021-03-05T04:56:19","slug":"dagstuk-05-maart-2021-maak-oop-die-brief","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1486","title":{"rendered":"Dagstuk 05 Maart 2021 \u2013  Maak oop die brief!"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: 2 Kor 3:1-17\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: 2 Kor 3: 3<\/p>\n\n\n\n<p>2 Kor 3:3&nbsp;&nbsp; \u2013 \u201cDit is tog duidelik\ndat julle \u0149 brief van Christus is&#8230;&#8230;&#8230;.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Soms is dit moeilik om die verloop van die lewe\nte begryp. Gebeure en omstandighede laat dikwels baie vrae ontstaan. Al hierdie\nvrae word nie noodwendig altyd beantwoord nie.&nbsp; In die tweede Brief aan\ndie Korinti\u00ebrs beklemtoon Paulus Christus se verlossingswerk. Vervolgens kry ek\n\u0149 ander&nbsp; perspektief op die lewe. In die eerste twee hoofstukke word ons\naangespoor om aan te hou om moed&nbsp; te hou en wat die betekenis daarvan is\ndat ek saam in die Here se triomftog meegevoer word.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In 2 Kor 3 skryf Paulus oor die gevolge\nhiervan. Deur Christus se liefde en die werking van die Gees word Paulus\ngebruik as \u0149 lewende getuigskrif. Soortgelyk weerspie\u00ebl my lewe my\nverbondenheid aan Christus.&nbsp; Die Gees maak my bekwaam as bedienaar van \u0149\nnuwe verbond.&nbsp; Hiermee beklemtoon Paulus dat hy vanuit homself geen gesag\nhet nie en dat die Gees lewend maak.&nbsp; Met die beeld van die letters wat op\nklip gegraveer is en doodmaak, beklemtoon&nbsp; Paulus dat ons die Gees ontvang\nhet wat lewend maak.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Op grond hiervan is dit duidelik dat ons \u0149\nbrief van Christus is!&nbsp; Die eerste lesers in Korinte was goed bekend met\nbriewe waarin \u0149 persoon se deugde en oortuigings beskryf is.&nbsp; In sekere\ngevalle het die destydse predikers self ook sogenaamde getuigskrifte opgestel\nom&nbsp; mense te be\u00efndruk en onder valse voorwendsels te plaas.&nbsp; Wanneer\ndie Gees lewend gemaak het, verdwyn alle valsheid en voorgee. Dit laat die\ngelowiges met groot vrymoedigheid optree (2 Kor 3: 12) Dit laat die heerlikheid\nvan God&nbsp; van ons af uitstraal.&nbsp; Dit laat ons aan die beeld van\nChristus gelyk word.&nbsp; (2 Kor 3:18) <\/p>\n\n\n\n<p>Sosiale media en moderne\ntegnologie het die skryf van briewe radikaal verander.&nbsp; Epos, Whatsapp,\nInstagram, Twitter en ander het ons kommunikasie netwerke radikaal verander.\nBinne \u0149 oogwink word nuus tot aan die uiteindes van die aarde versprei.&nbsp;\nDit bly ons taak en verantwoordelikheid om met ons optrede mense se siening te\nbe\u00efnvloed.&nbsp; My optrede kan die enigste brief wees wat iemand dalk mag\nlees.&nbsp; Christus het met sy dood en opstanding die sluier weggeneem sodat\nons getuienis dien as \u0149 brief.&nbsp; Dit is ons taak om te skitter van die\nheerlikheid wat van God afstraal.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Leef so dat jy wys dat jy \u0149\nbrief van Christus is. Vertrou so dat jy met jou getuigskrif ander oortuig. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>1\nPt 2:1-10<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nbaie dankie dat U my al hoe meer verander om aan die beeld van Christus gelyk\nte word.&nbsp; Dankie dat u die sluier van my o\u00eb wegneem.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235 <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: 2 Kor 3:1-17\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: 2 Kor 3: 3 2 Kor 3:3&nbsp;&nbsp; \u2013 \u201cDit is tog duidelik dat julle \u0149 brief van Christus is&#8230;&#8230;&#8230;.\u201d Soms is dit moeilik om die verloop van die lewe te begryp. Gebeure en omstandighede laat dikwels baie vrae ontstaan. Al hierdie vrae word nie noodwendig altyd beantwoord nie.&nbsp; [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1486"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1486"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1486\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1487,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1486\/revisions\/1487"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1486"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1486"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1486"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}