{"id":1477,"date":"2021-03-02T10:15:41","date_gmt":"2021-03-02T08:15:41","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1477"},"modified":"2021-03-02T10:15:41","modified_gmt":"2021-03-02T08:15:41","slug":"dagstuk-01-maart-2021-aanhou-moed-hou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1477","title":{"rendered":"Dagstuk 01 Maart 2021 \u2013  Aanhou moed hou"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: 2 Kor 1:3-10\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: 2 Kor 1:3<\/p>\n\n\n\n<p><a>2 Kor 1:3&nbsp; \u2013 \u201cHy is die Vader wat Hom ontferm en die\nGod wat in elke omstandigheid moed gee.\u201d<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Saam\nmet sy reisgenote beleef Paulus baie spanning en konflik in Korinte.\nOmstandighede vra bemoediging. Talle verkeer in allerlei moeilikhede. (v4) Daar\nis \u0149 oorvloed van lyding. (v5) Hulle kom in beproewing. (v6) Die swaar wat\nhulle moes verduur het ver bo hulle kragte uitgegaan. (v8) Dit voel of die\ndoodsvonnis klaar oor hul uitgespreek is. (v9)<\/p>\n\n\n\n<p>Te\nmidde van al hierdie ontberinge roep Paulus in vers 3 uit: \u201cAan God, die Vader\nvan ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe!\u201d&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Gebeure\nvan die afgelope jaar kan ons ook laat voel dat die swaar wat ek moet verduur\nver bo my kragte uitgaan. Net God ken my worsteling oor die spanning in my lewe\nen die onvervulde hunkering na bevryding van my omstandighede waarin ek\nvasgevang is.&nbsp; Juis te midde van \u0149 geestelike laagtepunt in my lewe kom\ndaar weer hoop.&nbsp; As daar maar net iemand is wat kan luister en verstaan!<\/p>\n\n\n\n<p>Daar\nis. Niemand anders as God, die Vader van ons Here Jesus Christus! Daar is geen\nbeter troos as \u0149 Vader wat hom oor \u0149 kind ontferm nie. Onmiddellik is Paulus in\nGod se teenwoordigheid en beleef hy die Here se nabyheid.&nbsp; Daar is geen\nnouer band as die tussen \u2018n Vader en sy kind nie.&nbsp; Op grond hiervan\nontvang Paulus nog meer troos deurdat die verlossingswerk van Jesus Christus\nons verseker dat God die dooies opwek tot die lewe.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Eers\nnadat&nbsp; Paulus besef dat hy aan God verbonde is, ontvang hy \u0149 nuwe\nperspektief.&nbsp; Ons kan vandag aanpak deur te begin met ons lyding, tekorte\nen ontberinge.&nbsp; Of ons kan vir \u0149 oomblik stilstaan en begin om aan God die\nlof te bring. Hy is my Vader. Hy het my van die dood gered. Hy het Paulus van\nso \u0149 groot doodsgevaar gered. (v10) Paulus skep soveel moed dat hy seker is dat\ndie Here hul weer sal red.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>My\nomstandighede mag dalk nie dadelik verander nie.&nbsp; Inteendeel mag dit soms\nnog moeiliker raak.&nbsp; Dan is dit juis nodig om te besef dat ek \u0149 Vader het\nwat Hom oor my ontferm.&nbsp; Ek moet leer om deur God se o\u00eb na my situasie te\nkyk.&nbsp; Ek moet God vertrou. Ons moet ons hoop op hom vestig. Hy sal ons ook\nverder red. Dit sal moeilik wees.&nbsp; Daarom spoor Paulus ons aan om vir\nmekaar te bid.&nbsp; So sal die gebede van baie \u0149 se\u00ebn van God vir ons\nbring.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dan\nkring dit nog verder uit.&nbsp; Baie sal die Here vir ons dank.&nbsp; Maak \u0149\nverskil waar jy vandag leef deur aan te hou om op God te vertrou. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Psalm 37<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, baie dankie dat U my nooit alleen laat nie.&nbsp;\nHelp my om te vertrou wanneer ek die hoop om te bly lewe laat vaar het. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235 <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: 2 Kor 1:3-10\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: 2 Kor 1:3 2 Kor 1:3&nbsp; \u2013 \u201cHy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee.\u201d Saam met sy reisgenote beleef Paulus baie spanning en konflik in Korinte. Omstandighede vra bemoediging. Talle verkeer in allerlei moeilikhede. (v4) Daar is \u0149 oorvloed [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1477"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1477"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1477\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1478,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1477\/revisions\/1478"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1477"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1477"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1477"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}