{"id":1472,"date":"2021-02-27T19:37:29","date_gmt":"2021-02-27T17:37:29","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1472"},"modified":"2021-02-27T19:37:29","modified_gmt":"2021-02-27T17:37:29","slug":"dagstuk-26-februarie-2021-van-vuil-klere-tot-feesklere","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1472","title":{"rendered":"Dagstuk 26 Februarie 2021- Van vuil klere tot feesklere!"},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Sagaria 3
\nVers wat tref:
\nSagaria 3:4 \u201cTrek uit di\u00e9 liederlike vuil klere van hom.\u201d
\nVir Jesua het hy ges\u00ea: \u201cEk het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Die ho\u00ebpriester Jesua staan voor die engel van die Here terwyl die satan Jesua aankla.  Hoekom kla die satan vir Jesua aan?  Jesua se klere is liederlik bevuil.  Hierdie vuil klere dui op Jesua en die volk se sondes.  So kan die satan ons ook voor die Here aankla op grond van ons sondes.  Maar die Here laat dit nie daar nie.  Die Here self trek die vuil klere uit, dis nie Jesua wat enigiets bydra nie.  Verder word satan aangekla en bestraf vir sy oortredings.
\nVir Jesua word daar skoon klere aangetrek- feesklere. Om dit verder te bekroon, ontvang hy ook \u0149 skoon tulband om sy kop saam met die engel van die Here wat om hom bly staan.<\/p>\n\n\n\n
Hierdie beeld is net \u0149 afbeelding van dit wat sou kom, dit wat Jesus Christus vir ons kom doen het.  Hy is die ware ho\u00ebpriester wat op een enkele dag die sondes op Hom geneem het.   Met Nagmaal word ons hieraan herinner:  Ons kleed was liederlik bevuil met die sondes, maar die Here self het vir ons \u0149 nuwe kleed aangetrek.  Ons het nou vrye toegang tot die Here, asof ons net soos die engele in die teenwoordigheid van die Here kan kom.<\/p>\n\n\n\n
Sondag word ons weer hieraan herinner dat ons vuil klere in feesklere verander is, dat ons nou vol dankbaarheid ons kleed dra en vir die w\u00eareld ons dankbaarheidslewe wys.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nRomeine 8:31-39<\/p>\n\n\n\n
Gebed.
\nHere ons Vader. Dankie dat U ons vuil klere uitgetrek het en ons skoongewas het met die bloed van Jesus Christus.  Lei ons om getrou in U diens te staan.  Amen.<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
\n0722729631<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Sagaria 3 Vers wat tref: Sagaria 3:4 \u201cTrek uit di\u00e9 liederlike vuil klere van hom.\u201d Vir Jesua het hy ges\u00ea: \u201cEk het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek.\u201d Die ho\u00ebpriester Jesua staan voor die engel van die Here terwyl die satan Jesua aankla. Hoekom kla die satan vir […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1472"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1472"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1472\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1473,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1472\/revisions\/1473"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1472"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1472"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1472"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}