{"id":1459,"date":"2021-02-19T06:24:06","date_gmt":"2021-02-19T04:24:06","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1459"},"modified":"2021-02-19T06:24:06","modified_gmt":"2021-02-19T04:24:06","slug":"dagstuk-19-februarie-2021-nuwe-horisonne","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1459","title":{"rendered":"Dagstuk 19 Februarie 2021 \u2013 Nuwe horisonne"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Job 26:5-14\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Job 26:10<\/p>\n\n\n\n<p>Job 26:10 \u2013 \u201cHy (God) plaas die horison op die\nsee, \u0149 grens tussen lig en donker.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Job se vriende is onsuksesvol om in \u0149 donker\nw\u00eareld hoop te bring.&nbsp; Eers nadat Job se o\u00eb deur die Heilige Gees verlig\nword, breek daar eindelik lig en hoop aan nadat hy die wonderdade van God oral\nraaksien.&nbsp; Niks is vir God bedek nie. Selfs die doderyk l\u00ea voor God\noop.&nbsp; God vorm die hemelkoepel, Hy versamel die water op die aarde, Hy\nlaat die wind waai en Hy bring die see deur sy krag tot rus.&nbsp; Dit laat Job\nin vers 14 uitroep dat niemand die volle krag van God se dade kan verstaan\nnie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In die stryd tussen lig en duisternis stel God\n\u0149 grens vas wanneer Hy die horison op die see plaas. Met hierdie treffende\nbeeld beklemtoon Job God se Almag. Niemand is hierteen bestand nie. Job verwys\nna \u0149 paar gevare wat voor die Here se krag swik. Die seevaarders was bekend met\ndie seemonster Rahab wat hul kosbare vrag wil insluk en verorber.&nbsp; Met net\ndie fluistering van God se stem word magte verbreek en sidder almal vir God se\ndreigende woede.<\/p>\n\n\n\n<p>In my belewenis van gebeure wat daagliks\nrondom&nbsp; my afspeel kan dit soms voel dat die duisternis my verswelg.&nbsp;\nOns wil \u0149 streep trek en uitroep dat alles tot hiertoe kan plaasvind, en dan\nfinaal verby moet wees.&nbsp; Wanneer God die horison op die see plaas, trek Hy\ndie grens tussen lig en donker. (v10)<\/p>\n\n\n\n<p>Die horison was vir die seevaarders \u0149 sigbare\nbaken wat vanuit elke plek op die aarde gesien kan word.&nbsp; Die horison was\ndie spreekwoordelike grens wat simbolies op nuwe hoop gedui het.&nbsp; Met elke\ndagbreek verskyn die morester op die horison&nbsp; en bring dit moed vir elke\ndag. <\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer God die horison as grens tussen lig en\ndonker op die see plaas, beteken dit dat die duisternis nooit weer die lig kan\nbinnedring of vernietig nie.&nbsp; Omstandighede veroorsaak soms dat ek myself\nin \u0149 sogenaamde grys gebied bevind.&nbsp; By die gebrek aan lig ervaar ek saam\nmet Job iets van die duisternis wanneer alles vir my net te veel word. Die\nverlies aan gesondheid, inkomste, vryheid van beweging en korrupsie saam met\ndie talle uitdagings van tegnologie en sosiale media dwing my maklik om in \u0149\ndonker gat te val en sonder enige hoop te lewe.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Met sy dood en opstanding het Christus elke\nduisternis finaal oorwin. Hy stel die grense vas tussen lewe en dood.&nbsp;\nHierdie grense is soos die horison wat God op die see geplaas het. Dit is vas\nen onbeweeglik.&nbsp; Hoe donker my omstandighede ook al mag wees, het Christus\nvir my die ewige lewe verwerf.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Laat die Heilige Gees ons o\u00eb so verlig dat ons\nelke keer die Morester, Jesus Christus, op die horison raaksien.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 66<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Vader, dankie dat U grense vasstel waarbinne\nons deur U genade kan leef. Leer ons om voor die grootheid van U werke te beef.\nAmen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Job 26:5-14\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Job 26:10 Job 26:10 \u2013 \u201cHy (God) plaas die horison op die see, \u0149 grens tussen lig en donker.\u201d Job se vriende is onsuksesvol om in \u0149 donker w\u00eareld hoop te bring.&nbsp; Eers nadat Job se o\u00eb deur die Heilige Gees verlig word, breek daar eindelik lig en hoop [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1459"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1459"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1459\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1460,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1459\/revisions\/1460"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1459"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1459"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1459"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}