{"id":1456,"date":"2021-02-17T06:37:45","date_gmt":"2021-02-17T04:37:45","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1456"},"modified":"2021-02-17T06:37:45","modified_gmt":"2021-02-17T04:37:45","slug":"dagstuk-17-februarie-2021-beurtkrag-finale-fase","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1456","title":{"rendered":"Dagstuk 17 Februarie 2021 \u2013 Beurtkrag  &#8211;  Finale Fase"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Job 18:1-21 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Teks wat tref: Job 18:5,6<\/p>\n\n\n\n<p>Job\n18:5,6&nbsp; \u2013 \u201cDie goddelose se lig sal beslis uitgedoof word, die vlam van sy\nvuur sal ophou brand, die lig in sy huis sal doodgemaak word en die lamp langs\nhom uitgedoof word.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Job\nbeleef die donkerste duisternis nadat hy plat geslaan is na vele rampe waarin\nhy alles verloor. Drie van sy beste vriende neem beurte om hom te bemoedig om\nweer uit die stof op te staan. Hulle bedoelings is opreg maar hul slaag nie\ndaarin om Job te troos nie. Verkeerdelik glo hul dat daar \u0149 direkte verband\ntussen \u0149 mens se sonde en lyding is. Dit sou beteken dat Job lyding beleef\nomdat hy sonde doen en dat dit wat met hom gebeur sy skuld is.&nbsp; Dit alles\nterwyl ons hom in Job 1:1 ontmoet het as \u0149 vroom en opregte man wat God gedien\nhet en die kwaad vermy het. Dit is \u0149 verwronge beeld van God. Dit sou beteken\ndat my posisie voor God op menslike verdienste, in plaas van God se genade\nberus. <\/p>\n\n\n\n<p>Die\nmens moet homself probeer red.&nbsp; Ek moet myself van die donkerste dieptes\nbevry.&nbsp; Daarom probeer Bildad om Job tot ander insigte te bring.\n(18:2)&nbsp; Waar ons in Job 12:22 lees dat die Here lig gee in donker\ndieptes&nbsp; ontmoet ons Hom nou in Job 18:5 waar Hy die goddelose se lig\nuitdoof en die vlam van sy vuur laat ophou brand.&nbsp;&nbsp; Teenoor die\nhoopvolle beeld van lig is daar nou die wanhoopskrete van almal wat in die\nduisternis lewe. Die mees verdoemende woorde en afgryslikste beelde word\ngebruik om hierdie verlore toestand te beskryf: \u0149 valstrik (v8), \u0149 vangnet\n(v9), \u0149 dodelike siekte wat die vel weg vreet (v13) en \u0149 naam wat n\u00earens meer\nbekend is nie (v17). <\/p>\n\n\n\n<p>Indien\niemand nog sou redeneer dat al hierdie dinge iewers ver weg gebeur ruk Job 18:5\nen 6 ons tot stilstand. Jou huis en die vlam van jou vuur is die dinge naaste\naan jou. Die lamp op die bedkassie langs jou word uitgedoof . Al hierdie dinge\nveroorsaak absolute duisternis vir elkeen wat nie vir God erken nie. Hoe donker\nis die w\u00eareld dan nie sonder God nie! <\/p>\n\n\n\n<p>Job\nse vriende is onsuksesvol om in hierdie donker w\u00eareld weer hoop te bring.&nbsp;\nEers nadat Job se o\u00eb deur die Heilige Gees verlig word, breek daar eindelik lig\nen hoop aan.&nbsp; Wanneer Christus aan die kruis sterf en die donkerste\nduisternis oorwin weet ons hoe groot God se genade is.&nbsp; Met die beste van\nons optrede kan ons nooit iets verdien nie.&nbsp; Dit is net Christus wat die\nlig vir die w\u00eareld is. Wie Hom volg sal nooit in die duisternis lewe nie. (Jh\n8:12).&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die\nraad van Job se vriende kon hom nie van die donkerste duisternis bevry\nnie.&nbsp; Mag die beskrywing in Job 18 van \u0149 lewe in duisternis dien as \u0149\nwekroep om my tot ander insigte te lei waar ek volkome op Christus vertrou en\nGod erken. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 49 (veral v16)<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, laat die Gees van\nwaarheid ons verlig en lei. Help ons om teen die werke van die Bose te stry.\nDankie vir die lig van U Woord wat die duisternis verbreek. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Job 18:1-21 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Teks wat tref: Job 18:5,6 Job 18:5,6&nbsp; \u2013 \u201cDie goddelose se lig sal beslis uitgedoof word, die vlam van sy vuur sal ophou brand, die lig in sy huis sal doodgemaak word en die lamp langs hom uitgedoof word.\u201d Job beleef die donkerste duisternis nadat hy plat geslaan is na vele rampe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1456"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1456"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1456\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1457,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1456\/revisions\/1457"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1456"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1456"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1456"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}