{"id":1449,"date":"2021-02-15T06:33:24","date_gmt":"2021-02-15T04:33:24","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1449"},"modified":"2021-02-15T06:33:24","modified_gmt":"2021-02-15T04:33:24","slug":"dagstuk-15-februarie-2021-god-gee-lig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1449","title":{"rendered":"Dagstuk 15 Februarie 2021 \u2013  God gee lig"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Job 12:12- 25\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Job 12:22<\/p>\n\n\n\n<p>Job\n12:22 \u2013 \u201cHy gee lig in donker dieptes, Hy maak donker plekke lig \u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In\nJob 1 word die weelderige en voortreflike lewenswyse van die belangrikste man\nin die Ou Ooste beskrywe.&nbsp; Hy was vroom en opreg en het God gedien en die\nkwaad vermy. Sy rykdom bestaan uit sewe seuns en drie dogters. Hy was ook die\neienaar van sewe duisend stuks kleinvee, drie duisend kamele, vyfhonderd\ndonkies en baie slawe. Nogal benydenswaardig. <\/p>\n\n\n\n<p>Op\n\u0149 dag verander hierdie situasie binne \u0149 oogwink toe Job die een slegte tyding\nna die ander ontvang. Hy word beroof, die weerlig slaan sy vee dood en al sy\nkinders sterf in \u0149 aardbewing.&nbsp; Hy gaan l\u00ea op die grond en roep uit dat hy\nniks meer oor het nie en maar kan sterf.&nbsp; Sy lewe is in absolute\nduisternis gehul. Alles rondom hom is donker. <\/p>\n\n\n\n<p>Daarna\nworstel hy saam met sy vriende om te sien of daar nie dalk iewers lig in die\ntonnel is nie.&nbsp; Na vele gesprekke waarin die sin van die lewe bevraagteken\nword sink hy net nog meer in die donkerte totdat hy eindelik uitroep dat hy\nmaar eerder wil sterwe.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Jy\nvoel dalk ook soos Job \u2013 dat God jou verlaat het, dat jy \u0149 grap vir jou vriende\nis, en dat die lewe jou onderstebo klap. Jy tas in die donker rond sonder lig,\njy dwaal rond soos dronkmense. (Job 12:25) Weet en besef ons hoeveel mense\nrondom ons worstel? Dagtake wat ons so uitmergel dat ons nie meer krag het\nnie?&nbsp; Besluite wat soms op die ingewing van die oomblik geneem moet word\nen oneindige spanning bring?&nbsp; Ons het al aan die stereotipe antwoorde oor\ndie effek, gevare en nadraai van Covid 19 gewoond geraak. Gesprekke oor entstof\nen oneindige korrupsie word liefs vermy.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>As\nvroom man beleef Job dat God nie meer bestaan nie.&nbsp; \u0149 Lewe sonder die Here\nis inderdaad een stuk duisternis.&nbsp; Hy probeer ook nie om in Job 12:12-25 \u0149\nkitsoplossing gee nie.&nbsp; Ons hoor te veel kere oproepe dat jy net na God\nmoet draai en dat Hy alles sal verander. Dit gebeur binne die raamwerk wat God\ngee.&nbsp; Hier is wysheid nodig wat niks anders as \u0149 lewe saam met die Here is\nnie.&nbsp; Dit beteken dat jy God moet leer ken soos wat Hy Homself\nbekendstel.&nbsp; Hy bou en breek af. Hy gee mag en oorwinning. By Hom is raad\nen insig. Hy stuur raadgewers.&nbsp;&nbsp; \u201cHy gee lig in donker dieptes, Hy\nmaak donker plekke lig.\u201d (Job 12:22)<\/p>\n\n\n\n<p>Later\nkom Christus na die aarde om \u0149 Lig vir die w\u00eareld te wees. (Jh 8:12) Job kon\nhoopvol uitsien na redding en verandering van omstandighede. Ons is nog meer\nbevoorreg om te kan terugkyk na Christus se verlossingswerk. Nog meer bevoorreg\nom op grond hiervan ook vorentoe te kyk. Deur donker dieptes lei God ons om die\nlig in die spreekwoordelike donker tonnel van ons bestaan op aarde te\nsien.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nsal nie maklik wees nie, maar deur donker dieptes heen is dit God se liefde wat\nlig en uitkoms verleen.&nbsp; In die volgende dae volg ons Job se worsteling\nverder waar God deur sy Gees vir hom die donker plekke lig maak.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Psalm 91<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, baie dankie dat U my nooit in die duisternis laat\nverlore raak nie.&nbsp; Al skyn daar geen lig en blink daar geen maan, weet ek\ndat U met my saamgaan. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235 <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Job 12:12- 25\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: Job 12:22 Job 12:22 \u2013 \u201cHy gee lig in donker dieptes, Hy maak donker plekke lig \u201d In Job 1 word die weelderige en voortreflike lewenswyse van die belangrikste man in die Ou Ooste beskrywe.&nbsp; Hy was vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1449"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1449"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1449\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1450,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1449\/revisions\/1450"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1449"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1449"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1449"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}